Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Optog in Hermanus oor dienste

Swaar reën op Hermanus het Vrydag nie ontevrede inwoners in die Overstrand- munisipale gebied afgeskrik om met ’n diensleweringsoptog na die munisipale gebou voort te gaan nie.

Die optog is deur ’n verenigde front van die gemeenskappe van Hermanus, Zwelihle, Mount Pleasant, Stanford en Gansbaai gereël.

Inwoners van dié gemeenskappe neem deel aan ’n vreedsame optog om te eis dat die munisipale bestuurder, Coenie Groenewald, bedank en die stadsraad ontbind.

Inwoners van die Overstrand-munisipaliteit ruk op na hul plaaslike owerheid. Foto: Verskaf

Gewapen met stokke en plakkate, wat lui “Axe Coenie”; “Power to the People”; “One love, one march, one heart”, het mense die strate ingevaar om hul misnoeë met “die swak munisipale bestuur” en dienslewering te kenne te gee.

Gcobani Ndzongana, ’n woordvoerder van die protesteerders, sê hulle maak geskiedenis in die Overstrand-munisipaliteit omdat die werkersklas van die streek, ongeag ras of kleur, onder een vaandel verenig om hul stemme dik te maak.

Ndzongana, ’n gemeenskapsaktivis wat in Julie vanjaar in hegtenis geneem is in gewelddadige protesaksies in Zwelihle wat Hermanus tot stilstand geruk het, het gesê mense is moeg vir die swak bestuur.

Die reën het die inwoners van die Hermanus-gebied wat betoog, nie afgesit nie. Foto: Verskaf

“Dit is nie ’n optog deur swart en bruin mense nie. Dis ’n optog deur inwoners van alle kleure, gelowe en politieke oortuigings wat vir verandering saamstaan,” het Ndzongana gesê.

Volgens hom staan die buitelandse gemeenskap wat in Hermanus bly, saam met die inwoners in hul huidige stryd. Verskeie organisasies, waaronder ProSA en Gatvol Capetonians, is glo ook in solidariteit met die mense van Overstrand.

Die reën het die inwoners van die Hermanus-gebied wat betoog, nie afgesit nie. Foto: Verskaf

Ndzongana het gesê daar is ondernemings in die gebied wat hul werkers gedreig het met afdanking of dat hulle hul bonusse sal verbeur indien hulle aan die protesaksie deelneem.

“Die gemeenskap het besluit daar sal vanjaar geen Kersfees wees nie en sal bankvas staan om seker te maak dat dienste aan almal gelewer word.

“Ons is ’n verenigde groep wat wil verseker dat die mense wat dakloos, werkloos en sonder dienste is, ook kry wat ander inwoners daagliks kry, het Ndzongana gesê.

Inwoners van Hermanus ruk op na hul plaaslike owerheid.Foto: Verskaf

Op die dorp is ’n groot polisieteenwoordigheid om die betoging te monitor.

Brig. Donovan Heilbron, polisiebevelvoerder van die Overberg-streek, het gesê die protesaksie is vreedsaam. Die groep het geëis dat die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, die memorandum ontvang maar sy is nie beskikbaar nie. Samesprekings word tans in hierdie verband tussen die Dudley Coetzee, die burgemeester, en ’n afvaardiging van agt betogers gevoer,” het Heilbron gesê.

Inwoners van Hermanus wat aan die betoging deelneem. Foto: Verskaf

Meer oor:  Hermanus  |  Betoging  |  Dienslewering  |  Optog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.