Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Passasiers oorbluf oor leë SAL-toonbanke

Werknemers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Vrydag reeds van vroegoggend af by die ingang van die lugdiens se hoofkantoor in Kempton Park met baniere en plakkate byeengekom as deel van ’n onbepaalde staking vir beter lone.

SAL-werkers staak Vrydag by die hoofkantoor van die SAL in Kempton Park. Foto: Felix Dlangamandla
Sowat ’n duisend werkers van verskillende vakbonde, wat Numsa en die Kajuitpersoneelvereniging insluit, het in die parkeerarea buite die SAL se korporatiewe kantore, SAA Airways Park, in Kempton Park betoog. Foto: Felix Dlangamandla
Die werkers betoog met plakkate by die SAL se hoofkantoor buite die lughawe. Foto: Felix Dlangamandla

Sommige passasiers uit die buiteland is onkant betrap deur die staking. Een van die passasiers, ’n oorblufte Rodrigo Izqueirdo (42) van Brasilië het aan joernaliste op die O.R. Tambo- internasionale lughawe, waar SAL-vlugte opgeskort is weens die staking, gesê dat hy in minder as twee uur in Gaborone in Botswana moes wees. “Ek het die leë besprekingstoonbanke by die lughawe gesien en hoop die lugdiens gee my toegang tot ’n ander vlug,” het hy gesê.

’n Ander passasier was veronderstel om ’n vlug na Mauritius te haal, maar moes inderhaas sy reisplanne aanpas en ’n alternatiewe datum vir die vlug kry.

Sowat ’n duisend werknemers van verskillende vakbonde, wat Numsa en die Kajuitpersoneelvereniging insluit, het Vrydag in die parkeerarea buite die SAL se korporatiewe kantore, SAA Airways Park, langs die lughawe, in rooi en pers T-hemde vir loonverhogings betoog.

“The SAA board must go”, “Incompetent executives must fall” en “No corruption” was van die boodskappe op die stakende werkers se plakkate.

Afgesien van die SAL se beperkte bedrywighede Vrydag, het ander lugdienste steeds soos gewoonlik voortgegaan.

Die vakbonde wou gedurende onderhandelings verhogings van 7,5% tot 8% hê, terwyl SAL-bestuur hulle ’n loonverhoging van 5,9% aangebied het wat vanaf Maart aanstaande jaar betaal sou word. Dié aanbod is deur Numsa en Sacca verwerp, wat ook hul stem dik gemaak het oor die aflegging van 944 werkers wat die lugdiens R700 miljoen sal bespaar.

Passasiers in rye by die geslote SAL-toonbanke op die O.R. Tambo-lughawe. Foto: Felix Dlangamandla
SAL-vlugte wat aangebied word saam met sy vennote, soos SA Express, Mango en SA Airlink, is nie gekanselleer nie. Foto: Felix Dlangamandla

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.