Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Pik was reg oor Zuma en Cyril

Oudmin. Pik Botha, wat vroeg Vrydagoggend by sy huis in Pretoria dood is, het Suid-Afrikaners in April verlede jaar aangemoedig om nie moed te verloor nie en “net nog ’n rukkie geduldig te wees, want die draaipunt is op pad en (pres. Jacob) Zuma sal gaan”.

Hy het gepraat op ’n vergadering van die filosofievereniging Philco Feast in Pretoria.

“Dit wat in die land gebeur, maak my hartseer, maar die verandering in die land is onomkeerbaar. Ek vra net vir geduld en geloof. Moet nie so haat dat julle wil begin moed opgee nie. Dit is nie nodig nie.

"Die politiek is verganklik. Die draaipunt sal kom en Zuma sal gaan. Die probleem is wie volg hom op.

“My keuse vir president is Cyril Ramaphosa,” het Botha gesê.

“Ek kan u waarborg oudpres. Nelson Mandela sou in sy graf omgedraai het as hy moes meemaak wat tans in die land gebeur.”

Botha het vertel Mandela het in private gesprekke aan hom gesê “geen land, staat of regering wat deur geweld tot stand kom, kan uithou nie”.

“Hulle het nie ’n toekoms nie,” het Mandela volgens Botha gesê.

Botha het gesê hy is dankbaar dat hy in sy tyd as minister van buitelandse sake ’n rol kon speel om vreedsame skikkings in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië te bereik.

Meer oor:  Video  |  Politiek  |  Zuma  |  Cyril Ramaphosa  |  Pik Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.