Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Plate en plate blomme verwelkom toeriste

Uitbundige Namakwalandse blomme in volle glorie, veral in Kamiesberg en Nieuwoudtville, ontvang toeriste vanjaar met oop blomkelke.

Plate en plate blomme staan sommer lekker langbeen, vertel Mike Spies, een van die eienaars van Namakwa-toere en ’n ywerige fotograaf.

Mienke die Jack Russell kyk uit oor die blomme. Foto: Mike Spies

“Dit is meer indrukwekkend as verlede jaar toe die droogte meer geknel het. Die blomme is nog nie op hul mooiste nie, want die droogte het steeds ’n uitwerking op sekere plekke.”

Spies is die derde generasie wat die blomtoermaatskappy sedert sy ontstaan in 1985 bedryf. Die familie besit ook ’n hotel in Vanrhynsdorp waar sy ma heerlike kos voorberei.

“My pa en oupa het my alles van die Weskus en Namakwaland se blomme geleer.

Die uitbundige Jack Russell-honde geniet ook Namakwalandse blomme. Foto: Mike Spies

Bomme met die mooiste kleure, geure en name – van spogfluweeltjies, blousporries, sentkannetjies, spinnekopblomme, sambreeltjies, sandlelies, weeskindertjies, satynblomme, beetle-daisies, bobbejaanskoene, koesnaatjies, langbeensurings, vygies en aandblomme.

“Blousporries word deur motte bestuif. Die beetle-daisies fnuik vlieë met die illusie van ’n vlieg wat reeds op die blomblare sit om dit te bestuif.”

Nieuwoudtville en Kamiesberg het vanjaar die mooiste blomme. Die blomme staan tot in die dorp, sê hy.

“Die dwergvetplantjies in die Knersvlakte is ook pragtig. Die sentkannetjie neem tot ses jaar om te blom, waarna dit doodgaan.”

Toeriste verwonder hulle aan die blomme in Namakwaland. Foto: Mike Spies

Vandeesweek het hy net Suid-Afrikaanse toeriste op die bus.

“Daar is nog Suid-Afrikaners wat nie van die blommeprag weet nie. Dit is ook nie so bekend onder buitelanders soos Tafelberg en die Krugerwildtuin nie.”

Cobus van Zyl, ’n besoeker uit Johannesburg, sê hy geniet alles in Namakwaland, nie net die blomme nie.

Plate en plate bokbaaivygies verwelkom toeriste. Foto: Mike Spies

“Die blomme staan kniehoogte op plekke. Nie oral nie, omdat die droogte ’n rol gespeel het.

“En gesels en eet ons lekker by die plaaslike restaurante en gasteplase! Dit is net biltong, tee, koffie en koek – van kaaskoek tot sjokoladekoek.”

Leana van Wyk, mede-eienaar van die Matjiesfontein-padstal, sê hulle werk hulle oor ’n mik om die busse vol toeriste se mae met kerrie, afval, tamatiekos, bobotie, roosterkoek, skuinskoek en ander plaaslike liplekkernye te vul.

Langbeensurings groei op ’n murasie.Foto: Mike Spies
’n Sambreeltjie-blom. Foto: Mike Spies
’n Bobbejaanskoen. Foto: Mike Spies
’n Sentkannetjie in die blom.Foto: Mike Spies
’n Spinnekopblom. Foto: Mike Spies
Meer oor:  Blomme  |  Toeriste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.