Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Polisie 'hardhandig' met 2 vroue in kantoor

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek die omstandighede van ’n beweerde voorval waarin twee vroue glo by ’n polisiekantoor uitgejaag is toe hulle glo ’n saak wou open.

’n Video van die voorval, wat glo Vrydagaand in die polisiekantoor in Motherwell in Gqeberha (Port Elizabeth) gebeur het, is die afgelope naweek wyd op sosiale media gedeel.

Op die video kan gesien word hoe ’n polisiebeampte een van die vroue hardhandig uit die polisiekantoor verwyder, terwyl ’n tweede polisiebeampte kort daarna haar pepersproei op die vrou rig.

Luidens die inskrywing by die video is die vroue na die polisiekantoor nadat ’n gewapende persoon hulle gekaap het. In die inskrywing word die polisie beskuldig van aanranding en dat hulle die vroue met pepersproei gespuit het.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die polisie het die video ontvang en ’n “dringende ondersoek” sal gedoen word.

Hy het gesê die polisie wil nie kommentaar lewer oor die voorval totdat die ondersoek afgehandel is nie.

Volgens hom sal die betrokke partye in die ondersoek gekontak word.

Kinana kon nie sê hoe lank die ondersoek sal duur nie.

Netwerk24 het die vrou in die video om kommentaar genader, maar nog nie terugvoering ontvang nie.

Meer oor:  Motherwell  |  Gqeberha  |  Misdaad  |  Polisie  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.