Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Ramaphosa van vliegtuig af reguit na KZN

Pres. Cyril Ramaphosa het sy besoek aan Kaïro, Egipte, waar hy 'n beraad van die Afrika-Unie bygewoon het, kortgeknip om na Suid-Afrika terug te keer weens die oorstromings in dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Ramaphosa het Woensdagoggend op Twitter aangekondig dat hy terug is in die land en dat hy onmiddellik na KwaZulu-Natal reis.

Minstens 33 mense is reeds in dié provinsie dood weens erge storms en modderstortings wat huise en geboue inmekaar laat stort het.

Heelwat kinders en babas onder die slagoffers.

Lees ook: 33 dood in KZN-vloede; syfer kan styg

Baie mense in Port St. Johns in die Oos-Kaap moes na plekke van veiligheid geneem word.

Ramaphosa het Dinsdag sy medelye met die slagoffers uitgespreek in 'n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is.

"Ons hart gaan uit na die families en gemeenskappe wat direk geraak is deur sterftes, beserings en die verlies van eiendom."

Ramaphosa sê die situasie moet mense noop om uit te reik na die gemeenskappe sodat hulle bystand in hul tyd van nood kan kry.

Hy het ook die optrede van provinsiale owerhede en nasionale agentskappe in reaksie op die rampe geloof. Hy het ook melding gemaak van die skenkings wat deur burgerlike organisasies gemaak is om mense te help.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kwazulu Natal  |  Dood  |  Vloedskade  |  Vloed  |  Vloedwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.