Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Rooi Ferrari in ongeluk in Groenpunt
’n Verkeersbeampte langs die Ferrari op die sypaadjie ná die ongeluk. Foto: Twitter/Sean Parker

Die bestuurder van ’n rooi Ferarri met ’n Gauteng-nommerplaat was Saterdag nie ’n gelukkige man nie nadat hy in ’n ongeluk betrokke was.

Hy en sy peperduur motor het Saterdagmiddag op ’n sypaadjie in Groenpunt tot stilstand gekom ná ’n ongeluk met ’n wit enkelkajuitbakkie.

“Die bestuurder van ’n Chevrolet-bakkie het ’n U-draai voor ’n Ferrari in Somersetstraat - Groenpunt se hoofstraat - gemaak, wat die ongeluk veroorsaak het,” se Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersdienste.

Niemand is beseer nie.

Die ongeluk is net ná 12:00 deur kringtelevisiekameras opgeneem en die beeldmateriaal is op Twitter gedeel. Die video wys hoe twee voertuie, ’n wit Toyota Etios en die Chevrolet-bakkie, net ná mekaar ’n U-draai maak in die hoofstraat.

Skielik kom die rooi Ferrari en tref die Chevrolet-bakkie teen ’n spoed. Die Ferrari het die bakkie met sy regtersy getref en oor die sypaadjie gery waar hy tot stilstand gekom het.

Bezuidenhout sê gerugte dat die bestuurder van die Ferrari ná die ongeluk skoonveld was, is onwaar.

Meer oor:  Ferrari  |  Groenpunt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.