Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: SA herdenk Mandela se sterfdag

“Die dood is onvermydelik. Wanneer ’n man alles gedoen het wat hy as sy plig beskou het vir sy mense en sy land, kan hy in vrede rus. Ek glo ek het daardie poging aangewend en dit is dus waarom ek vir die ewigheid sal slaap.”

Met hierdie aanhaling van oudpres. Nelson Mandela het die Nelson Mandela-stigting Donderdag op sy Twitter-rekening Mandela se sterfdag ses jaar gelede herdenk.

Die 95-jarige Mandela is op 5 Desember 2013 by sy huis in Houghton, Johannesburg, dood.

Ander Twitter-gebruikers het ook hul eer betoon, ook vanuit die buiteland.

Robbeneiland gesien vanuit ’n NAC-helikopter. Foto: Adrian de Kock

“Ek wens almal was soos Nelson Mandela en streef daarna om soos hy te wees. Hy word opreg gemis,” het een gebruiker getwiet. Die Suid-Afrikaanse regering het getwiet dié ikoon sal Donderdag onthou word.

Die Nelson Mandela-stigting het ook getwiet dat Mandela 63 jaar gelede in hegtenis geneem is nadat die polisie op 5 Desember 1956 op aktiviste toegeslaan het.

Die tronksel op Robbeneiland waar oudpres. Nelson Mandela aangehou is. Foto: Adrian de Kock
Robbeneiland
Robbeneiland. Foto: Adrian de Kock
Dede Ntsoelengoe, ’n gewese politieke gevangene op Robbeneiland. Foto: Adrian de Kock

Dede Ntsoelengoe, ’n gewese politieke gevangene, het ook vandeesweek na Robbeneiland teruggekeer ter herdenking van Mandela se dood.

’n Emosionele Ntsoelengoe het hier gesê dit is die klein dingetjies wat hy onthou en hom die swaarste tref.

“Net deur hier te wees, laat jou voel asof jy terug in die tronk is. Dit is nie ’n lekker plek om te wees nie. Ek dink nie ek is reg hiervoor nie,” het Ntsoelengoe gesê voordat hy in trane uitgebars het. Bykomende verslaggewing deur Warda Meyer en Meghan Lawrence

Meer oor:  Nelson Mandela  |  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.