Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Sakeman praat oor ontvoering, aanhouding

“Hulle het aanhoudend gesê gee ons R2 miljoen of ons kap jou in klein stukkies en verbrand jou totdat net as oorbly,” vertel ’n Bloemfonteinse sakeman huilend oor sy nagmerrie-ervaring toe mans in polisie- en verkeersbeampte-uniforms hom buite Dealesville ingewag en ontvoer het.

Shiaful Islam (43), ’n sakeman oorspronklik van Bangladesj, is erg getraumatiseerd as hy praat oor wat met hom gebeur het toe hy op Sondagaand 2 Augustus tussen Dealesville en Bloemfontein spoorloos verdwyn het.

Vrydagaand is hy deur die polisie en ’n taakmag van Pretoria in haglike omstandighede in Springfontein gekry, 13 dae nadat hy ontvoer is. Vyf mans is in hegtenis geneem.

Shiaful Islam Foto: Mlungisi Louw

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, het bevestig dat Islam gevind is.

Hy is glo ook gedreig dat hy aan die Islamitiese Staat van Irak (Isil) of Al Kaïda oorhandig sal word.

Islam het Netwerk24 in ’n persoonlike onderhoud gewys hoe sy vingers gebreek is, en die hale oor sy skouers, borskas, bene en arms.

“Ek het dié Sondagaand ’n redelik groot bedrag geld by my gehad nadat ek invorderings by klante in Dealesville gedoen het wat op krediet by my drie winkels koop.”

Hulle het aanhoudend gesê gee ons R2 miljoen of ons kap jou in klein stukkies en verbrand jou totdat net as oorbly
Shiaful Islam (43) in die kamer waar hy 13 dae lank aangehou is. Foto: Mlungisi Louw
Shiaful Islam wys hoe hy 13 dae lank aangehou is. Foto: Mlungisi Louw

Sowat 5 km buite Dealesville het “ ’n man geklee in ’n verkeersuniform my van die pad getrek. Ek is uit die bakkie gepluk en saam met mans in ’n ander voertuig geboender, waarna ons in die rigting van Bloemfontein gery het.”

Hy is later geblinddoek en in die bagasiebak van ’n motor gegooi.

“In die hele tyd in die huis waar ek aangehou is, het ek net vier snye brood en ’n bietjie water gekry.”

Makhele sê Islam se Isuzu-bakkie, is later verlate voor die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein gekry.

Shiaful Islam wys die wonde waar hy geslaan is. Foto: Mlungisi Louw
In die hele tyd in die huis waar ek aangehou is, het ek net vier snye brood en ’n bietjie water gekry.

Hy sê die polisie het ’n multidissiplinêre span saamgestel om na Islam te soek.

Vrydagaand is ’n 50-jarige man van buitelandse herkoms in Hilton in Bloemfontein in hegtenis geneem. Kort daarna is nog twee mans, ook van buitelandse herkoms en onderskeidelik 36 en 39 jaar oud, aangekeer.

Hierna is twee mans, 24 en 29 jaar oud, in Springfontein in hegtenis geneem waar hulle Islam bewaak het.

Makhele sê die polisie ondersoek sake van roof en ontvoering. Die mans sal binnekort in die hof verskyn.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris, het die polisiespan geprys vir hul werk.

  • Mense met meer inligting kan sers. Thabo Litsoane by tel. 079 606 7820 bel.
Shiaful Islam vertel die verhaal van sy ontvoering en aanhouding Sondag aan Netwerk24. Sy ontvoerders het R2 miljoen van hom geëis. Foto: Mlungisi Louw
Meer oor:  Dealesville  |  Springfontein  |  Aanhouding  |  Ontvoering  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.