Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Skok en hartseer na biblioteek afbrand

Gemeenskapslede in Suider-Strand in die Strand, naby Gordonsbaai, is geskok nadat hul geliefde biblioteek in puin gelê is.

Die Suider-Strand-biblioteek wat in die vroeë oggendure van Saterdag afgebrand het. Foto: Facebook

Volgens Zahid Badroodien, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, was dit hartverskeurend om die verbrande biblioteekgebou te sien nadat dit Saterdag in die vroeë oggendure vlamgevat het.

“Die brand is deur die hele gebou en alles daarin is verwoes. Die skade is hartverskeurend en sal honderde gereelde besoekers van die omgewing gestrand laat.

“Ons sal spoedig met die herstelproses begin,” sê Badroodien.

Hy sê die oorsaak van die brand nog nie vasgestel nie.

Skok en hartseer was ’n gedeelde gevoel oor die brand en plasings oor herinneringe aan dié biblioteek het op sosialemediaplatforms ingestroom.

Shakeena Kafaar skryf op die Suider-Strand-biblioteek se Facebook-blad dat dit sowaar ’n hartseer dag vir die Strand-gemeenskap is.

“Ons het almal die biblioteek gebruik as ’n bron van inligting,” sê Kafaar. “Die minderbevoorregte mense gebruik die fasiliteit nog daagliks. Dis ’n plek waar talle vriendskappe wortelgeskiet het.”

Sy sê dis werklik hartseer om te sien.

Talle mense beskryf die biblioteek as ’n kerndeel van hul grootwordjare.

Alles in die biblioteek is deur die vlamme verteer. Foto: Facebook
Die brand het Saterdag in die vroeë oggendure ontstaan. Foto: Facebook
De oorsaak van die brand is nog nie bepaal nie. Foto: Facebook

Eugene Solomons skryf dié biblioteek was die plek van sy drome wat hom op reis oor die wêreld heen geneem het.

Die biblioteekadministrasie het lede wat nog geleende biblioteekboeke het om dit by enige van die ander biblioteke in die area in te handig.

Meer oor:  Biblioteek  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.