Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Video van omstrede kuns op skool se prysuitdeling
’n Skermgreep van die drogbeelde in die video.Foto: Skermgreep

Omstrede kuns met drogbeelde wat soos duiwels lyk, Jesus wat as ’n hanswors uitgebeeld word en découpage-werk wat met opgeskeurde Bybelbladsye bedek is, het mense op sosiale media aan die gons.

In dié video praat ’n man wat sê dat hy ’n oudleerling en pa van leerlinge in die Grantleigh-skool by Richardsbaai, KwaZulu-Natal, is.

Grantleigh is deel van die Curro-groep.

Dit is nog nie seker wanneer die video geneem is nie.

Die pa wys ontsteld na die omstrede kunswerke wat glo tydens die skool se prysuitdeling uitgestal word en sê: “My God is nie ’n hanswors nie”.

Grantleigh noem homself op sy webblad ’n onafhanklike skool met ’n “Christen etos”. Die tuisblad maak oop op ’n gebed.

Netwerk24 is besig om navrae aan die verskillende partye te rig.

Grantleigh het in ’n omsendbrief aan ouers gesê: “Ons is bewus van ’n sosiale media-herrie na ’n video wat een van ons leerlinge (matriekleerling) se kunsprojek uitbeeld, wat gister 'viral' gegaan het.

Die verfilmde projek is deel van ’n finale voorlegging aan die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) en is uitgestal in die skool se voorportaal as deel van 'n jaareinduitstalling.

”Die skool sê hy het kennis geneem van die kritiek wat op sosiale media gemaak is en sê daar is ’n interne ondersoek van stapel gestuur.

“Ons wil beklemtoon die kommentare is nie ’n akkurate voorstelling van ons skool en die betrokke situasie nie en ons behou ons regte voor in dié verband.”

Hy sê voorts Curro verwelkom alle konstruktiewe kommentaar, maar veroordeel kuberboeliery, godsdienstige onverdraagsaamheid, haatspraak, afbrekende taal en die waninterpretasie en kommentare wat hul naam in 'n slegte lig stel.

Hierdie prent sinspeel op Die Laaste Avondmaal, ’n 15de eeuse muurskildery deur Leonardo da Vinci. Jesus in die middel word as ’n hanswors voorgestel. Foto: Skermgreep
Nog ’n skermgreep uit die video wat mense op sosiale media aan die gons het en wyd op WhatsApp gedeel word.Foto: Skermgreep
Geskeurde Bybelbladsye word vir die découpage-werk van die gedrogte gebruik. Foto: Skermgreep
Nog ’n skermgreep uit die video.Foto: Skermgreep
Meer oor:  Grantleigh-Skool  |  Richardsbaai  |  Kwazulu-Natal  |  Prysuitdelig  |  Kunswerk  |  Duiwels  |  Drogbeelde  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.