Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Skool bring hulde aan leerling wat sterf

Die Jeppe High School for Boys in Johannesburg het aanlyn hulde gebring aan ’n leerling wat skielik dood is.

Ciko Ndlovu, ’n gr. 10-leerling, is Donderdag in die Morningside-hospitaal dood. Daar is nie bekend gemaak waaraan hy dood is nie.

Ciko Ndlovu
Ciko Ndlovu, gr. 10-leerling aan die Jeppe High School for Boys in Johannesburg is Donderdag skielik dood. Foto: Facebook

“Dis met groot hartseer dat ons die skielike dood van Ciko Ndlovu aankondig. Hy is in die Morningside-hospitaal dood ná ’n kort siekte. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende. Rus in vrede, Ciko, jy sal gemis word,” sê die skool op sy Facebookblad.

In ’n aanlyn video waarin hulde aan Ciko gebring word, sê Dale Jackson, Jeppe High se skoolhoof, klasmaats, onderwysers en vriende is geskok oor die nuus.

“Ons sal ’n formele herdenkingseremonie hou wanneer die skool open. Sy naam sal ook op die muur van herinnering aangebring word. Ons bring hulde aan Ciko, ’n lewenslange Liverpool-ondersteuner, met hierdie aanlyn byeenkoms.”

Daarna buig leerlinge hul hoofde.

’n Medeleerling, Liam Thomas dra in die video ’n gedig voor en sê Ciko se dood kom op ’n gevoelige tyd.

“Hierdie is hartseer tye vir almal van ons. Ongelukkig sê ons totsiens aan nog ’n leerling. Ons sal Ciko onthou in die dae wat voorlê.”

Ander skole het ook hul medelye in die kommentaarafdeling uitgespreek.

St John’s College skryf: “Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van Ciko. Ons hou julle in ons gebede.”

By navraag aan die Gautengse onderwysdepartement het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, gesê die departement is hartseer oor die leerling se skielike dood ná ’n kort siekte en dat sy dood geensins “met Covid-19 verband hou nie”.

Meer oor:  Johannesburg  |  Leerling  |  Sterf  |  Hulde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.