Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: So lyk huis waar gesin afgemaai is

Daar was bloed onder Teresa Meyer (48) se skoene waar sy dood langs haar man, Luhan Meyer (58), op die dubbelbed gelê het.

Die kamphutjie in Keurbosfontein waar Meyer, haar man en twee kinders met kopwonde aangetref is.

Hulle het al twee kopwonde gehad. Luhan se voete, nog met sy wit sokkies aan, het by die oop deur van die enkelvertrek-kamphuisie waar hy, sy twee kinders en vrou dood is, uitgesteek.

’n Hanetree van hulle, in dieselfde vertrek, het hul twee kinders, Lurese (12) en Luhann (10), op twee enkelbeddens ook met kopwonde dood gelê. Die twee kinders en hul pa is vermoedelik deur hul ma met hul pa se. 22-geweer doodgeskiet. Die vuurwapen het glo tussen Teresa en haar man gelê.

In die klein vertrek het ’n tweeliter-Coke gestaan. Meer as die helfte van die koeldrank was uitgedrink. Die vermoede is dat Teresa die koeldrank met slaappille gedokter het. By die kaggel het ’n pak steenkool gestaan en ’n pakkie vuuraanstekers.

Die viertal se lyke is op 27 Junie, nege dae nadat hulle op die plaas Keurbosfontein in die Sederberge-wildernisgebied aangekom het, deur Paul Beukes, opsigter by die plaas, en ’n buurman, net bekend as Bruce, gekry. Die Meyer-gesin het reeds op 18 Junie op die plaas aangekom. Teresa het vir die eienaar, Johan van der Westhuizen van Somerset-Wes, gesê hulle soek ’n stil plekkie om weg te breek. Hulle sou net een aand daar oornag en sou die volgende dag na Namakwaland vertrek het. Hulle het volgens Beukes op 18 Junie ná 15:00 op die plaas aangekom en die sleutel vir die kamphuisie by hom kom haal.

Toe ons daar kom, is Bruce by die huisie in. Ek het buite gestaan, ek wou nie sien wat aangaan nie.

Toe Beukes teen 27 Junie nog niks van hulle gehoor het nie, het hy vir Van der Westhuizen gebel wat hom toestemming gegee het om te gaan kyk waar hulle is.

“Toe ek daar aankom, het ek hul wit Fortuner by die kamphuisie gesien. Die deur was oop. Ek het net wit sokkies gesien uitsteek en het vir myself gesê hier is iets nie reg nie.” Beukes het terug in die Land Rover geklim en die “Engelsman”, soos hy vir Bruce noem, gaan haal.

“Toe ons daar kom, is Bruce by die huisie in. Ek het buite gestaan, ek wou nie sien wat aangaan nie.”

Teresa Meyer (middel) het twee briewe aan haar seuns uit ’n vorige huwelik, Rian Coutts (regs) en Dewald Coutts, in ’n kas in die Meyer-gesin se huis in Moorreesburg agtergelaat. Foto: Verskaf

Bruce het gesê daar was reeds vlieë in die huis en dit het sleg geruik. “Daar was bloed onder haar skoene. Die pa en ma het langs mekaar op die dubbelbed gelê. Sy wit sokkies was skoon.”

Hy het gesê dat Luhan op sy rug gelê het. Teresa ook. “Die geweer het tussen hulle gelê, maar meer aan haar kant. Die twee kinders het elk op ’n enkelbed gelê. Die meisie op haar sy. Die seuntjie op sy rug. Ek kon sien hulle is in die kop geskiet, maar ek wou nie kyk waar nie.”

Hy en Beukes is daarna terug na hul huise van waar hulle die polisie ontbied het.

Bruce het gesê dat hy saam met die polisie na die moordtoneel is. Dit is sowat agt kilometer van waar hy en Beukes-hulle woon.

Daar was geen kos in die koelbokse nie, net vier broodrolletjies. Daar was geen kinderspeelgoed soos fietse nie, in die huis was die kinders se tablette, maar dis al.

By die kamphuise, twee eenvertrek-huise en ’n rondawel met twee lapas waar kos gemaak kan word, is daar geen selfoonsein of elektrisiteit nie.

Hy het daar gestaan toe die polisie die wit Fortuner uitgepak het.

“Daai vrou het dit wat sy gedoen het koelbloedig beplan.

“Daar was geen kos in die koelbokse nie, net vier broodrolletjies. Daar was geen kinderspeelgoed soos fietse nie, in die huis was die kinders se tablette, maar dis al.

“Niks is uitgepak nie, soos in niks.”

Bronne het gesê die vermoede is dat Teresa slaappille in die Coke gegooi het en haar gesin só beneweld gemaak het. Sy het gewag totdat hulle lomerig raak en uiteindelik slaap. Daarna het sy vermoedelik eers haar man, toe die kinders en daarna haarself doodgeskiet. Daai mense was reeds nege dae dood toe hul lyke ontdek is,” het ’n bron gesê.

Teresa se seun uit haar eerste huwelik, Dewald Coutts, het aan Roshe Taka gesê die polisie kon nog nie bevestig wie die doodskote afgevuur het nie.

Netwerk24 het Donderdag berig langtermyntronkstraf en reuseboetes het moontlik op die Meyer-egpaar gewag.

Hulle is deur aanklagte van bykans R46 miljoen se bedrog in die gesig gestaar wat verband hou met die finansiering van hoofsaaklik vragmotors.

Die Meyer-egpaar het in die streekhof in Bloemfontein saam met drie medepligtiges op altesaam 74 aanklagte van rampokkery, bedrog en geldwassery, korrupsie, diefstal en bende-aktiwiteite tereggestaan, het Alzane Narrain berig.

cederberge
Grafika: Gesinstragedie

Meer oor:  Luhan Meyer  |  Teresa Meyer  |  Somerset-Wes  |  Doodgeskiet  |  Gesinsmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.