Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Soektog na rondloperleeu hervat

’n Rondloperleeu wat vermoedelik uit die Krugerwildtuin ontsnap het, hou veldwagters al langer as ’n week besig.

Dr. Ferreira du Plessis, ’n veearts van die Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad wat verantwoordelik is vir konflikbestuur tussen wild en mense, sê berigte oor die leeu het verlede Donderdag die ronde begin doen.

Dié leeuspore is Saterdag gevind.

Volgens Du Plessis loop die mannetjie in die Kiepersol-plaasgemeenskap, tussen Hazyview en Witrivier, rond.

Toe Du Plessis Donderdagoggend met Netwerk24 gesels het, was sy spanne reeds weer besig om na die viervoetige te soek.

“Dit het nou ’n speletjie vir hom geword. Hy is Sondag op video vasgevang en dit was ons grootste leidraad tot dusver. Die res van die tyd probeer ons maar spore vind.

Ons maak baie staat op die gemeenskap om ons te laat weet as hulle spore vind,” sê Du Plessis.

Hy sê geen dierekarkasse is al gevind nie, wat beteken dat die leeu nie gejag het nie. “Daar is wel bokke en selfs beeste waarop hy kan jag maak. As hy skugter is vir mense, kan hy maande lank wegkruip.”

Hy vermoed die leeu het uit die wildtuin ontsnap.

“Die Phabeni-grens is sowat 20 km van hier af en die wildtuin is maar die enigste plek waar daar leeus is.”

Volgens hom het hulle drie jaar laas ’n leeu in die gebied gesien, maar die verskyning van die leeu het nie noodwendig iets te doen met die feit dat daar nie besoekers in die wildtuin is nie.

“Dit is maar baie periodiek en ons verstaan nie waarom hulle besluit om uit die wildtuin te ontsnap nie.”

Die grootte van die leeuspoor in verhouding tot ’n tweerigtingradio. Dit is ook Saterdag gevind.

Hoewel dit nie so baie in die gebied gebeur nie, sê Du Plessis, is dit nie vreemd dat ’n leeu deur die wildtuin se draad kom nie.

Netwerk24 het vroeër die week berig dat ’n leeuwyfie in Marloth Park, ook in Mpumalanga, opgemerk is. Sy het vermoedelik ook uit die wildtuin ontsnap.

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Rondloperleeu  |  Leeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.