Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Spanje ken ook van 'My f**, Marelize'

'n Video wat 'n Suid-Afrikaner in Spanje gemaak het, wys dat die uitdrukking, '"My f**, Marelize", ook al in dié geweste bekend is.

marelize
Marelize Horn (19) leer hoe om fiets te ry. Foto: Verskaf aan News24

Andrew Tunstall van Kaapstad, wat voorheen vir Standard Bank en Alexander Forbes gewerk het, en nou in Riofrio in Andalucia in die suide van Spanje woon, het blykbaar plaaslike inwoners 'n taalles gegee met die hulp van die gewilde video van Marelize Horn (19) van Namibië wat met 'n fiets in 'n rugbypaal vasry.

Hy loop rond en vra plaaslike inwoners of hulle Afrikaans kan praat. Hulle antwoord dan met die woorde: "My f#k, Marelize."

Tunstall het Dinsdag op Facebook gesê hy is verstom oor die reaksie op sy video wat, sedert dit die vorige dag geplaas is, toe reeds meer as 11 000 keer gekyk is.

Meer oor:  Marelize Horn  |  Namibië  |  Spanje  |  Suid-Afrika  |  Fiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.