Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Spietkop klou om lewe en dood

’n Video waarin gesien kan word hoe ’n verkeersbeampte van Gauteng se provinsiale verkeerspolisie om lewe en dood aan ’n motor se enjinkap klou, het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Die voorval het volgens ’n mediaverklaring van die provinsie se verkeerspolisie op Vrydag 13 September in Robert Broome-weg in Krugersdorp plaasgevind.

’n 27-jarige vrou wat glo probeer wegjaag het terwyl ’n verkeersbeampte vir haar ’n boete uitskryf, word hier in hegtenis geneem. Die vrou het blykbaar haar selfoon gebruik terwyl sy bestuur het. Foto: Twitter

Die Gautengse verkeerspolisie het op Twitter twee foto’s en ’n kort mediaverklaring oor die voorval geplaas.

Volgens die verkeerspolisie het die 27-jarige vrou Vrydag op haar selfoon gepraat terwyl sy bestuur.

Terwyl ’n verkeersbeampte vir haar ’n boete uitgeskryf het, het die vrou begin wegry en die beampte het op die enjinkap van die voertuig beland.

’n Ongemerkte bussie van die metropolisie het tot die beampte se redding gekom en die vrou tot stilstand gedwing.

Die vrou is in hegtenis geneem en word onder meer aangekla van roekelose bestuur, verset teen inhegtenisneming en versuim om die opdrag van ’n verkeersbeampte uit te voer.

Die Gautengse departement vir gemeenskapsveiligheid het die vrou se optrede in ’n mediaverklaring veroordeel.

Die departement sê die bestuurder se optrede spreek nie net van roekeloosheid nie, maar ook van arrogansie.

Ofentse Morwane, departementele woordvoerder, sê die provinsie ondervind ’n hoë aantal onnodige voertuigbotsings en sterftes op sy paaie en dat die owerhede sal aanhou om sy gesag af te dwing ondanks die optrede van padgebruikers.

Die vrou se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Die Gautengse verkeersdepartement het die foto op Twitter geplaas van die voorval wat in Krugersdorp plaasgevind het. Foto: Twitter
Meer oor:  Krugersdorp  |  Sosiale Media  |  Verkeersbeampte  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.