Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Studente storm toe geld uit lug val

’n Publisiteitsfoefie waar R10 000 Donderdag uit die lug na studente by die Universiteit van Kaapstad gegooi is, het so byna in ’n lelike stormloop ontaard.

’n Video wys hoe honderde studente holderstebolder oor mekaar spring om uit te kom by die geld wat deur DigsConnect, ’n maatskappy wat akkommodasie aan studente verskaf, op die kampus versprei is.

Sommige studente het dié affêre op sosiale media as smaakloos beskryf terwyl ander grappe gemaak het oor hoe hulle ’n pad moes “oopveg” om by die geld uit te kom.

“Daar is omtrent 4 325 beter dinge om met R10 000 te doen,” het een van die studente gesê.

Greg Keal, medestigter van DigsConnect, het die veldtog as “ ’n reusesukses” bestempel en hoop dat die uitdeel van die geld verkeer na die maatskappy se webblad sal lok.

Meer oor:  Universiteit Van Kaapstad  |  Bemarking  |  Studente  |  Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.