Die ekonomie word minder deur geld en tegnologie gedryf as deur drome, sê Jack Ma, voorsitter en medestigter van die e-handelreus Alibaba. Die maatskappy se waarde is $500 miljard.
Ma het Woensdag in Johannesburg op die bekendstelling van die Netrepreneurs-prys gepraat.

Foto:
Hy vertel hoe hy Alibaba help opbou het tot ’n wêreldreus en hoe dit die afgelope 19 jaar oorleef het. Maar die eintlike toets, reken hy, is of die maatskappy meer as ’n 100 jaar lank volhoubaar sal kan bestaan.
“As ons nie aanhou verander nie, sal ons tot niet gaan.”
Hy sê entrepreneurs sal Afrika se ontwikkeling dryf. Volgens Ma is die huidige gebrek aan voorskriftelike internet-infrastruktuur op die vasteland ’n groot geleentheid vir mense in selfs klein dorpies om voordeel te trek uit globalisering.
Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van wetenskap en tegnologie, het Ma verwelkom.
As deel van die Afrika Jong Entrepreneursfonds sal tien entrepreneurs van Afrika jaarliks die kans staan om hul deel van $1 miljoen te kry. Ma sal ook belowende entrepreneurs na China vir e-handelopleiding neem.
Hier is hoogtepunte uit Jack Ma se toespraak in Johannnesburg
Die volledige opname van Jack Ma se toespraak is hier te sien, die tydkode vir sy toespraak is 4:10:54