Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Tornado in Mpumalanga

Die omgewing van Ermelo en Piet Retief in Mpumalanga is Vrydag deur ’n moontlike tornado getref.

Beeldmateriaal van ’n moontlike tornado in dié gebied en die skade wat daardeur aangerig is, word op sosiale media versprei.

’n Bos wat hier deels verwoes is met die bome wat in dié weersomstandighede “platgevee” is, is sigbaar in plasings deur Storm Report SA op sy sosialemedia-platforms. ’n Video wat die getol van die “tornado” wys, is om 18:18 vasgevang en ook gedeel.

Vanetia Phakula, voorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, kan egter nie bevestig of dié verskynsel wel ’n tornado was nie.

“Ons het die foto’s op sosiale media gesien, maar het nog nie die geleentheid gehad om self ondersoek in te stel nie. Na aanleiding van die foto’s lyk dit wel so,” sê sy.

Phakula sê daar is ’n waarskuwing vir hewige donderstorms, sterk wind en hael vir Vrydag uitgereik en na aanleiding hiervan kan sy bevestig dat ’n tornado moontlik was.

Ander dele in die land soos KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Oos-Kaap is ook verlede jaar deur tornado’s geteister.

Vier tornado’s het onder meer KwaZulu-Natal in minder as twee maande getref, het Netwerk24 einde Desember berig.

Op die vraag of tornado’s meer algemeen in Suid-Afrika word, sê Phakula dit kom nie noodwendig meer voor nie.

Sy sê sosialemedia-platforms maak dit net makliker vir mense om inligting daaroor te kry.

Hewige donderstorms word Saterdagmiddag in dié omgewing verwag.



Meer oor:  Sawd  |  Mpumalanga  |  Ermelo  |  Tornado
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.