Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Trane vloei met nagwaak in Melville

“Dit kon net sowel ons gewees het,” was die algemene gevoel onder die meer as 300 mense wat Donderdagaand vir ’n nagwaak buite die Poppy’s-restaurant in Melville, Johannesburg, saamgetrek het.

Masha Brown, Chenelle George, Fagmeda Edres, Chezlin Marshman en Cherylive Brown. Foto: Felix Dlangamandla
Netwerk24Foto: Felix Dlangamandla

Die gemeenskap het bymekaargekom om hul meegevoel met die slagoffers van Woensdagoggend se verbyryskietery te betuig.

Twee vroue is dood en minstens ses ander mense is beseer toe skieters omstreeks 01:00 op Nuwejaarsdag op die skare wat voor die restaurant gekuier het, losgebrand het.

Sewende Straat, waar die restaurant se hoofingang is, is Donderdagaand deur veiligheidswagte afgesper.

Individue, gesinne en gemeenskapsgroepe het van 18:00 af opgedaag en kerse en blomme op die sypaadjie voor Poppy’s neergelê.

’n Amper onheilspellende stilte het onder die skare geheers en elkeen met wie jy praat, was dit eens: “Ons kuier gereeld hier en dit kon net sowel ons gewees het.”

Kort-kort het ’n snik deur die stil aandlug gesny.

Net ná 19:00 het ’n groep vroue met die bekende lied “Amazing Grace” weggetrek, terwyl trane in omstanders se oë geblink het.

Lede van die Eldorado Park-gemeenskapspolisiëringsforum en lede van dié gemeenskap se anti-dwelm-organisasie het almal oranje bykomstighede gedra.

“Poppy was nog altyd goed vir ons gemeenskap en het met Mandeladag 500 honger magies gevoed. Haar seer is ons seer ook,” sê Cheryl Pillay, een van die lede van die anti-dwelm-organisasie.

Talle kerse is op die sypaadjie voor die restaurant staangemaak. Foto: Felix Dlangamandla
Netwerk24Foto: Felix Dlangamandla

Margaret Arnolds, burgemeesterslid vir gemeenskapsontwikkeling in die Johannesburgse-metro, het ook die nagwaak bygewoon en sê hulle veroordeel die voorval ten sterkste.

“Dit is wreed en onmenslik en niemand verdien om so iets oor te kom nie,” het Arnolds gesê.

Kay Williams, ’n hegte vriendin van Poppy’s se eienaar, Juby Raja oftewel Poppy, het namens haar die skare toegespreek en hulle bedank vir hul ondersteuning.

“Dit is so wonderlik om te sien dat soveel liefde uit so ’n geweldige tragiese voorval kan kom,” het Williams gesê.

Raja het huilend voor haar restaurant gestaan met geliefdes en vreemdelinge wat haar kom omhels het.

Michael Schmidt, ’n inwoner van Melville, was sigbaar emosioneel.

“Ons is ’n baie hegte gemeenskap en vanaand getuig daarvan. Dit is tyd dat ons saamstaan teen die geweld,” het Schmidt gesê.

Emmanuel Davel en Kathy Jenks wat die geleentheid gereël het, het met hom saamgestem.

Davel en Jenks is albei kliniese sielkundiges en Davel het bevestig dat hulle traumabehandeling aan sommiges voorsien het.

“Ons was onder in die straat (toe die voorval plaasgevind het) en toe ons oploop, het ons net die chaos gesien. Dit is so tragies en daarom ook so belangrik dat ons nou moet saamstaan,” het Davel gesê.

Inwoners van Melville het Donderdagaand na die restaurant gestroom om hul medelye uit te spreek. Foto: Felix Dlangamandla
Inwoners lê blomme by die restaurant se deure. Foto: Felix Dlangamandla
Juby Raja – oftewel Poppy – eienaar van Poppy’s-restaurant word Donderdagaand deur ’n lid van die gemeenskap bygestaan. Foto: Felix Dlangamandla
Raja het ook ’n kers gehad. Foto: Felix Dlangamandla
’n See van helder kerse op die donker sypaadjie. Foto: Felix Dlangamandla
Netwerk24Foto: Felix Dlangamandla

Meer oor:  Melville  |  Johannesburg  |  Melville-Skietery  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.