Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: Trokdrywer dood getrap

Op ’n video van die kajuit van die vragmotor wat Christopher Kgomo bestuur, sien jy duidelik hoe ’n groot rots deur die ruit en reg deur die hoepel van die stuurwiel op hom val toe hy onder ’n voetgangerbrug deurry. Kgomo, wat toe al baie ernstig beseer moes gewees het, verloor beheer, die vragmotor kantel en beland op sy sy, meters van ’n kleuterskool langs die N2 in De Doorns in die Kaap.

Mense bestorm die vragmotor, breek die vragruim oop en steel bokse klere. Hulle klim ook in die kajuit in waar iemand selfs die hardeskyf van die video-opnemer steel. In die proses trap hulle die beseerde Kgomo dood.

Dié skokvoorval verlede naweek is een van die jongste in ’n voortslepende slagting onder werkers in die padvrag-bedryf. In die jaar tot April is 320 mense dood weens misdaad en protesoptrede terwyl hulle vrag vervoer het of op- en afgelaai het.

Sedert verlede Sondag toe Kgomo dood is, was daar nóg drie soortgelyke voorvalle, een daarvan op dieselfde pad en twee op die N3 in KwaZulu-Natal.

lrico Oliphant (met die “Player”-trui), (man regs van hom nie deel van groep), Alfredo de Bruin, Johan Brown en Thandi­sile Matingwa buite die hof. Foto: Edrea du Toit

Brig. Vishnu Naidoo sê dié soort misdaad is ’n ernstige bedreiging vir die vervoer van vrag in Suid-Afrika.

Na raming word 88% van alle vrag in Suid-Afrika per pad vervoer.

Die eienaars van die Time Link-vragmotor wat Kgomo bestuur het, het inligting opgevolg en die hardeskyf met die video van sy laaste oomblikke vir R1 000 by ’n lid van die gemeenskap teruggekoop in die hoop dat dit die polisieondersoek sal help.

’n Groot klip is van hier op die vragmotor gegooi. Foto: Edrea du Toit

Pat Marran, ANC-raadslid in De Doorns, sê armoede kan nie die skuld kry vir voorvalle soos die een waarin Kgomo dood is nie. Dié aanvalle is niks anders as georganiseerder misdaad nie, sê Marran. Maar daar is ook ’n “skollie-element”.

“As ’n vragmotor val, hardloop mense soontoe, ander vat fietse of ry per motor om daar te kom. Dit is ’n skollie-element wat hier posvat en dít moet met wortel en tak uitgeroei word,” sê Marran.

Dood: Christopher Kgomo

Dit raak ál meer algemeen vir vragmotoreienaars om waardevolle vragte deur gewapende wagte te laat begelei.

Die polisie ondersoek ’n moordklag weens Kgomo se dood, maar tot dusver is net vyf mense weens diefstal aangekla. By hul hofverskyning Woensdag was familielede van die beskuldigdes hoogs ontsteld oor die onregverdigheid dat “net vyf gevang is nadat die hele De Doorns Pep Stores se klere weggedra het”.

Op die toneel het groot ronde klippe Woensdag nog naby die voetgangerbrug gelê. Op die brug, min of meer waar die klipgooiers sou gestaan het, het ’n man met ’n kruk vertel hoe die mense die vragmotor “binne 45 minute leeggedra en laat wiel het”.

Meer oor:  Doodgery  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.