Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Verrassing wat sonsopkoms nóg beter maak

Asof ’n sonsopkoms nie reeds mooi genoeg is nie, was dit vroeër vandeesweek nog meer spesiaal toe ’n luiperd teen dié helderkleurige agtergrond uit ’n boom klim.

Dié toneel is Maandag omstreeks 06:20 by die sewende afslaanbof van die Skukuza-gholfklub in die Krugerwildtuin afgeneem.

’n Olifantbul loop ’n draai op die Skukuza-gholfbaan in die Krugerwildtuin. Foto: Jean Rossouw, Skukuza-gholfklub

Jean Rossouw, baanopsigter, wou die sonsopkoms op sy selfoon op video vasvang toe die luiperdwyfie besluit dit is tyd om op te staan.

Die luiperd se silhoeët teen die blou-oranje agtergrond is prentjiemooi.

“Ek het geweet sy is in die boom. Sy het Sondagnag prooi gevang en so twee dae daaraan geëet,” sê hy.

“Die volgende oggend vroeg (Maandag) het sy uit die boom geklim en was die hele dag weg tot so 18:00 toe sy weer in die boom geklim en geëet het. Die dag daarna was dit weer dieselfde.”

Dit is deel van Rossouw se daaglikse roetine om vroegoggend, voordat hy aan die werk spring, ’n draai in sy bakkie op die baan te ry om te kyk of alles in orde is.

Hy doen instandhouding om die gholfbaan groen en gesond te hou terwyl al sy kollegas weens die nasionale inperking tuis is.

’n Olifant skuil onder ’n boom naby ’n afslaanbof van die Skukuza-gholfklub in die Krugerwildtuin. Foto: Jean Rossouw, Skukuza-gholfklub

Rossouw woon in die Skukuza-woonkwartiere, sowat 500 m van die naaste putjie op die gholfbaan.

Daar was geen ander luiperds in die omgewing toe hy die luiperdwyfie gesien het nie.

Hy ook vandeesweek ’n olifantbul van naby op die gholfbaan aanskou en dit op kamera vasgevang.

Rossouw het voorheen gesê dat olifante meer dikwels na die baan toe kom noudat die bos droër raak.

Hy het vroeër vandeesmaand ook aanskou hoe ’n trop hiënas ’n rooibokram verskeur.

Meer oor:  Skukuza  |  Krugerwildtuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.