Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Video maak van jong Bok-entoesiaste sterre

’n Video waarin twee meisies die draak steek met Johan de Jonge, ’n hewige kritikus van die Springbokke, is wyd op sosiale media versprei ná Sondag se oorwinning van Suid-Afrika oor Wallis in die halfeindronde van die Wêreldbekerrugbytoernooi in Japan.

Dié video wys sekere grepe van De Jonge se video’s waarin hy die Springbokke kritiseer, maar hierdie keer met “gepaste kommentaar” van Ruzanne Burger (9) en haar kleiner sussie, Amoré (4), van Centurion in Gauteng.

Teen Maandagoggend is dié tong-in-die-kies-video reeds ’n allemintige 10 000 keer gedeel en meer as 151 000 keer gekyk.

Selfs Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, het dié oulike video op sy Twitter-rekening geplaas.

“Ek sou nooit kon dink dat die video, wat ons eintlik vir die fun gemaak het, so gewild sou wees nie,” sê Belinda Burger, ma van klein Ruzanne en Amoré, laggend.

“My dogtertjies het albei groot verbeeldings en toe Suid-Afrika Sondag wen en hul plek bespreek vir die eindstryd teen Engeland, het ek gedink dit sou heel prettig wees om ’n video te maak in reaksie op Johan de Jonge se negatiewe opmerkings oor die Springbokke.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.