Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Vierling-baba sterf voor pa hom kan vashou

“Here, wat het ek dan verkeerd gedoen?”

Dít was die gebed waarmee ’n hartseer Melvyn Loots (35) van Tafelsig in Mitchells Plain Vrydagoggend wakker geword het nadat een van sy vierlingbabas skielik Donderdagaand net ná tienuur in die hospitaal gesterf het.

Volgens Berenice, sy vrou en ma van die vierling, het baba Cole ’n kiem in sy bloedstroom opgedoen, en toe ’n teenreaksie gehad op die medisyne om dit te behandel.

“Hulle (die dokters) het alles getry wat hulle kan. Toe sê hulle hy het moed opgegee en sy hart het gaan staan, neh?” sê Berenice met Rapport se besoek. Melvyn staar voor hom uit en sê: “Hulle het hul beste gegee.”

Dit is ’n dubbele tragedie vir hom.

Hy sukkel steeds om die dood van sy ma enkele weke terug te verwerk. Baba Cole was die jongste en enigste seuntjie onder die vier babas wat op Woensdag 1 September deur ’n noodkeisersnee op 30 weke gebore is. Weens die Covid-19-protokolle by die Groote Schuur-hospitaal het hy gesterf sonder dat Melvyn hom kon sien of vashou. Net die ma’s word toegelaat in die eenheid waar die babas versorg word.

Nou is Claire eintlik die sterkste.

Cole was die grootste (1,3 kg), terwyl Claire, die kleinste van die vier, 680 g geweeg het. “Hulle het mos vir hom laaste uitgehaal, neh, Berenice? Hy het mos bo gelê en die girls het onder gelê,” sê Melvyn.

Die babas is vroeggebore omdat die dokters bekommerd was omdat Claire nie behoorlik gegroei het nie. “Dit was oor haar gewees, maar kyk nou, nou sê hulle eintlik sy is die sterkste,” sê Berenice.

Melvyn aanvaar die dood van sy seuntjie is deel van God se plan. “Die Here het ’n doel met alles in die lewe.”

Berenice skud kop. “Ons kan niks sê nie; ons kan nie kwaad raak nie. At least het hy vir ’n lekker paar dae gelewe. Ek kon nog tyd gespend het met hom.”

Die drie dogters – Chloe, Cleo en Claire – sterk mooi aan. Hul ouer boeties – Sergio (18), Jordan (11) en Waylin (6) – is gretig om hulle tuis te hê. Die egpaar, wat albei werkloos is, maak beurte om daagliks hospitaal toe te gaan om vir die babas borsmelk te vat.

  • Clinton Ruiters, van ’n plaaslike motorklub, het Sondag tussen 12:00 en 15:00 ’n deurry-ooievaarstee by die Westgate-winkelsentrum in Mitchells Plain gehou.
Meer oor:  Berenice Loots  |  Melvyn Loots  |  Vierling  |  Baba Cole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.