Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Voertuie meegesleur in kitsvloed in Witbank

Kitsoorstromings het Vrydagoggend voorgekom in dele van Witbank ná swaar reën in die gebied.

Voertuie is meegesleur en huise is oorstroom.

“Swaar reën het die oggend omstreeks 06:30 oor die gebied uitgesak. Ons het verskeie noodoproepe gekry van motors wat vassit in die vloedwater, veral onder lae brûe. Omstanders het ingespring en mense uit die motors gehelp, so niemand is beseer nie,” sê Maureen Scheepers, woordvoerder van die SA Crime Watch-groep.

“Toe ons wakker word, was ons huis oorstroom. Die water het van buite onder een van die deure ingestroom,” sê Elsa du Plessis, inwoner van die gebied.

Kitsvloede het Vrydagoggend in Witbank. Motors is meegesleur deur die vloedwater. Foto: Verskaf

Toe sy uithardloop, was haar hele erf ook onder water. “Dit het gelyk soos ’n rivier wat deur die erf loop. Die water was net te veel vir die dreineringstelsel,” sê Du Plessis.

Dit is toe dat die opgedamde water onderdeur die deur begin vloei en haar huis oorstroom het.

“Daar is darem nie ernstige skade aangerig nie. Ons ruim nou op en is dankbaar dat daar nie groot skade is nie,” sê sy.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het intussen ook oor oorstromings gewaarsku.

“Die waarskuwing geld dele van Mpumalanga en die suidoostelike gebiede van Limpopo. Die groot gevaar behoort teen die einde van die dag verby te wees,” sê Edward Engelbrecht, weervoorspeller by die SAWD.

Volgens hom is daar ook ’n groot kans vir reën in die volgende week.

Motors is Vrydagoggend meegesleep deur vloedwater in Witbank, Mpumalanga. Niemand is beseer nie. Foto: Verskaf
Elsa du Plessis se huis is oorstroom na hewige reën in die gebied. Foto: Verskaf

“Tropiese lug beweeg vanaf die Indiese Oseaan in. Daar is egter nie ’n gevaar vir oorstromings in hierdie tydperk nie,” sê Engelbrecht.

Vir die res van die land is die kans op goeie reën maar skaars, behalwe in die Oos-Kaap waar reën vir vier dae voorspel word.

“Daar sal enkele buie en donderbuie wees op plekke in die Vrystaat, Noord- en Wes-Kaap. Dit sal meestal warm en sonnig in daardie streke wees,” sê Engelbrecht.

Daar is ook ’n waarskuwing uitgereik vir uiters warm toestande en veldbrande in die sentrale dele van die Noord-Kaap.

Meer oor:  Witbank  |  Kitsvloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.