Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Vragmotor in vlamme, N1 gesluit

Die N1 tussen Beaufort-Wes en Leeu-Gamka in die Wes-Kaap is Dinsdagoggend gesluit nadat twee swaarvoertuie in ’n botsing reg van voor betrokke was.

Jandré Bakker, kommunikasiehoof van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, sê twee sterftes is aangemeld.

“Die voertuie brand steeds en ons kon nog nie vasstel of daar ook passasiers was nie.”

Hy sê noodvoertuie is op die toneel.

Bakker sê die pad sal so gou moontlik weer vir die verkeer oopgestel word.

Die ongelukstoneel op die N1 tussen Beaufort-Wes en Leeu-Gamka waar twee swaarvoertuie in ’n botsing reg van voor was. Foto: Verskaf

Meer oor:  Beaufort-Wes  |  Ongeluk  |  N1  |  Vragmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.