Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Vragmotor waai om in stormsterk wind

Die stormsterk wind en reën waarteen die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku het, het die Kaap getref.

Buite Villiersdorp het ’n vragmotor omgewaai nadat die bestuurder daarvan uitgespring het.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het sy waarskuwing herhaal dat mense versigtig moet wees met ’n stormsterk wind van tussen 65 km/h en 90 km/h wat in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en suidelike asook westelike dele van die Noord-Kaap skade kan veroorsaak.

Een van die dorpe waar die wind skade aangerig het, is in De Doorns waar ’n gedeelte van die F.J. Conradie Primêre Skool se dak afgewaai het. Foto: Facebook

Kenny Africa, Wes-Kaapse provinsiale verkeershoof, het Donderdagmiddag gewaarsku dat gure weer oor die provinsie heen ervaar word.

“Dit reën verskriklik, die paaie is glad en glibberig en daar is plekke waar die sig nie goed is nie,” sê Africa.

Die dak van die F.J. Conradie Primêre Skool in De Doorns het afgewaai. Foto: Facebook

Hy het ’n ernstige en dringende boodskap aan bestuurders gerig om nie kanse te waag en voertuie verby te steek nie.

Hy sê daar het ook reeds ’n vragmotor op die N2 by Baden Powell-rylaan omgewaai.

Die sterk wind tussen Calitzdorp en Ladismith. Foto: Twitter

Verder is daar sterk rukwinde tussen Villiersdorp en Worcester, asook Villiersdorp en Grabouw by die Theewaterskloofdam waar daar sandstorms is.

Moenie op die pad gaan as dit nie nodig is nie, maan Africa.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewing en ontwikkeling, het mense ook versoek om binnenshuis te bly en so ver moontlik nié op die paaie te gaan nie. Hy het gewaarsku teen die gevare van bome wat ontwortel kan word.

’n Satellietbeeld van die kouefront wat Donderdagoggend oor die land begin beweeg. Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Bredell sê mense moet die nommer 112 op hul selfoon bel in geval van nood en hulle moenie probeer om deur vinnig vloeiende water te ry nie.

Een van die dorpe waar die wind reeds skade aangerig het, is in De Doorns waar ’n gedeelte van die F.J. Conradie Primêre Skool se dak afgewaai het.

Meer oor:  Villiersdorp  |  Wind  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.