Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Vuiste klap by Bfn-skool

’n Bakleiery het onder leerlinge van die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein uitgebreek nadat ’n leerling se elektroniese toestel glo weggeraak het.

’n Video waarop dié voorval Vrydag vasgevang is, wys hoe leerlinge in ’n groep loop en dan ’n konfrontasie teëkom.

Daarna begin leerlinge mekaar rondstamp en vuiste klap, terwyl party probeer om die bakleiers van mekaar te trek.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, het bevestig die voorval het op die skoolterrein plaasgevind.

Die geveg is blykbaar veroorsaak deurdat ’n leerling se elektroniese toestel weggeraak het en hy ’n ander leerling daarvan verdink het. Ndaba sê die toestel is “iets soos ’n tabletrekenaar”.

Ndaba sê die leerlinge wat in die geveg betrokke was, is reeds uitgeken. Agt skoolseuns sal op 6 Augustus dissiplinêr verhoor word.

“Die departement veroordeel natuurlik hierdie soort voorvalle. Ons het reeds ’n beroep op leerlinge gedoen om van enige vorm van geweld weg te bly,” sê Ndaba.

Volgens Ndaba begin voorvalle soos dié met bullebakkery.

Hy sê die meeste skole in die provinsie het egter veiligheidskomitees en skakel met die polisie.

“Ons doen ook ’n beroep op ouers om met ons hande te vat en te verseker dat ons skole geweldvry is.”

Ndaba versoek die publiek om nie die video te versprei nie, omdat dit spanning onder veral die leerlinge verhoog.

Willem du Buisson, hoof van die Hoërskool Sand du Plessis, sê hy is nie gemagtig om op die voorval kommentaar te lewer nie en het Netwerk24 na Ndaba verwys.

Meer oor:  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.