Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Betogers versper stasie-hekke waar Cyril trein in ontvangs neem

Aktiviste van UniteBehind het Dinsdagmiddag by die Kaapstad-stasie betoog nadat pres. Cyril Ramaphosa die eerste nuwe trein van Metrorail in ontvangs geneem het.

Hulle het aangedring om met Ramaphosa te praat, terwyl hulle die hekke van die Kaapstad-stasie versper en gedreig dat hulle eers sal padgee wanneer Ramaphosa hulle toespreek.

Van die betogers het na bewering in die pad gelê en die pad versper sodat voertuie nie kon uitkom nie.

betoog
Betogers Dinsdag by die Kaapstad-stasie. Foto: Adrian de Kock

Dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, het Dinsdag aangekondig dat die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal teen einde 2020 elk 35 splinternuwe Metrorail-treine kry wat die druk op die sukkelende pendelspoortnetwerk heelwat kan verlig.

Blade Nzimande, minister van vervoer. Foto: Lisa Hnatowicz

Dit is ook deel van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se moderniseringsprogram van R172 miljard wat oor die volgende tien jaar nuwe lewe in die nasionale spoornetwerk moet blaas.

Volgens Nzimande sal daar teen einde 2020 sowat 35 van hierdie bloukleurige treine genaamd “Die mense se trein” in die Wes-Kaap ontplooi wees.

Nog 35 sal teen daardie tyd in die eThekwini-metro in Durban ontplooi word.

Helen Zille, Wes-Kaapse premier, wat ook die geleentheid bygewoon het, het spottenderwys gesê dit is vir haar ’n plesier “om die ou stukkende geel (Metrorail-)treine met die nuwe blou treine te vervang. Dit is simbolies. Want as jy die stelsel wil transformeer, moet jy van geel na blou beweeg,” het Zille geskerts.

Sy het hiermee gesinspeel op geel wat een van die ANC se kleure is en blou wat die DA s’n is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.