SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Wapenstilstandsdag in SA gevier
Kanonniers van die Nelson Mandela-artillerieregiment vuur hul 25-ponder af om die begin van die twee minute van stilte aan te kondig.Foto: Jaco Marais

Honderde mense het Sondag by die senotaaf in Adderleystraat in die Kaapse middestad bymekaargekom ter herdenking van Wapenstilstandsdag.

Kapt. Mark Blaine, lektor in seevaartkunde aan die fakulteit krygskunde van die Universiteit Stellenbosch, lê ’n krans by die senotaaf in Kaapstad.Foto: Jaco Marais

Kanonskote het die begin en einde van twee minute van stilte aangekondig, waartydens dié wat tydens die oorlog geveg het en dié wat hul lewe verloor het, onthou is.

‘n Veteraan van die Tweede Wêreldoorlog nadat ’n krans namens hom gelê is. Foto: Jaco Marais

Kranse is deur verskillende hooggeplaastes, onder andere Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, gelê. Voormalige kamerade het ook die geleentheid gekry om hul gestorwe kollegas te onthou. Seremonies is ook elders in Suid-Afrika gehou.

Die Italiaanse konsul-generaal in Kaapstad en lede van die Italiaanse weermag by die senotaaf in Kaapstad.Foto: Jaco Marais

Wapenstilstandsdag word elke jaar op 11 November herdenk ter viering van die wapenstilstand wat om 05:45 onder die geallieerdes van die Eerste Wêreldoorlog en Duitsland in Compiègne, Frankryk, onderteken is vir die staking van vyandelikhede aan die Westelike Front.

Dit het om 11:00 die oggend in werking getree: die 11de uur van die 11de dag van die 11de maand van 1918. Die skietstaking het aanvanklik ná 36 dae verval en is verskeie kere verleng. ’n Formele vredesooreenkoms is eers bereik toe die Verdrag van Versailles die volgende jaar onderteken is.

Foto: Jaco Marais

Dié datum is ’n nasionale vakansiedag in Frankryk, en is in baie Geallieerde lande ’n nasionale vakansiedag. In Suid-Afrika word die dag op die naaste Sondag aan 11 November gevier.

“Vandag is ’n herinnering aan die persoonlike koste van oorlog,” het Plato gesê.

“Ons onthou die miljoene soldate, maar ook die ontelbare burgerlikes – die vaders, moeders, susters en broers en baie ander familielede wat omgekom het, na raming 7 miljoen burgerlikes en 10 miljoen militêre personeel.

“Ons vroue en mans wat in die weermag gedien het, is ons dank verskuldig. Ons land het ook ’n aktiewe rol gespeel in die ondersteuning van die geallieerde troepe tydens albei wêreldoorloë. Laat ons nie hul opofferings vergeet nie.”

Op 11 November 2018, die eeufees van die Eerste Wêreldoorlog-wapenstilstand, is herdenkings wêreldwyd gehou. In Frankryk het meer as 60 regeringshoofde en staatshoofde by die Arc de Triomphe in Parys vergader.

Vanjaar is die dag ook wêreldwyd gevier, met onder andere prins Charles wat ’n krans aan die voet van die senotaaf voor Whitehall in Londen gelê het.


Meer oor:  Sa  |  Soldate  |  Vieringe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.