Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Wat van swart rassisme, hè Danny K?

Lesego Tlhabi, wat bekendheid verwerf het as die satiriese vlogger “Coconut Kelz”, steek in haar nuwe video die draak met Danny K se twiet oor “wit bevoorregting”.

Lesego Tlhabi Foto: Twitter/ @CoconutKelz

’n Tranerige Kelz sê sy is hartseer omdat swart mense “nou hul enigste wit sanger” verloor het.

“Wat ’n vertroueskending, hoe onnodig!” sê sy en gee dan sommer ’n dwarsklap. "Jy kan nie spel nie, soos Helen (Zille, Wes-Kaapse premier) gesê het”.

Sy sê sy weet nie hoekom Danny K, oftewel Daniel Koppel, sy mond uitspoel oor “wit bevoorregting” nie terwyl daar in werklikheid “swart bevoorregting” is.

“As jy daaroor dink – die swart middelklas is baie groter as die wit middelklas. Wel, in Soweto, nie in Suid-Afrika nie, want . . . Komaan.”

Sy sê hy moet eerder op “swart rassisme” fokus:

“Hallo! EFF, BLF, ZCC. Lui enige van daai name ’n klokkie? Want hulle is superrassisties.”

Sy sê Danny K moedig mense aan om te sê Zille is rassisties omdat sy nie met hom saamstem nie.

“Uhm, dit word ’n mening genoem, oukei? Dis ’n mening dat apartheid gebeur het, dis ’n mening dat daar wit bevoorregting is.”

Danny K se twiet dat daar nie genoeg wit mense is wat rassisme uitwys nie, het wyd opslae gemaak op sosiale media.

danny k
Danny K Foto: Instagram/ dannyk23

“Ja, dit kan dalk ongemaklik wees en, ja, joune is dalk die enigste ongewilde mening, maar staan sterk en wees dapper. Ons kan nie langer stilbly nie,” het hy getwiet.

In ’n daaropvolgende twiet sê hy hy is heeltemal verward oor die gebrek aan empatie onder baie wit Suid-Afrikaners.

“Jy hoef nie woke (’n term wat verwys na ’n bewustheid van maatskaplike ongeregtigheid, veral rassisme) te wees om te verstaan dat ons grotendeels die begunstigdes is van die marginalisering en uitsluiting van mense van kleur nie. Erken jou voorregte, waardeer dit en stuur dit aan.”

Hierop het Adam Tas, oftewel Francois van der Merwe, Sondag getwiet “Loop k*k”.

Zille het getwiet Danny moet spellesse neem, waarop hy geantwoord het sy ignoreer die kwessie waaroor hy praat.

Meer oor:  Danny K  |  Helen Zille  |  Adam Tas  |  Suid-Afrika  |  Wit Bevoorregting  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.