Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Renostertjie slurp haar melk al te lekker op

’n Weesrenosterkalf wat Donderdag deur die Saving Private Rhino-teenstropingseenheid gered is, het Vrydagoggend haar eerste bottel melk gulsig opgeslurp.

Die renosterkalf van vier maande oud wat deur Saving Private Rhino gered is, het Vrydagoggend haar eerste bottel melk geniet. Foto: Facebook/SavingPrivateRhino

“Sy doen baie goed en is in goeie hande,” het die Aquila-wildreservaat se teenstropingseenheid op hul Facebook-blad oor dié kalfie van vier maande oud laat weet.

Die kalf is nié op die Aquila-wildreservaat gered nie, maar dié reservaat se teenstropingseenheid, Saving Private Rhino, het hul hulp aangebied.

Die karkas van ’n witrenosterkoei is verlede week deur Saving Private Rhino gevind. Sy is deur stropers doodgemaak. Dié koei se kalf van drie weke oud is nooit opgespoor nie. Foto: Facebook/SavingPrivateRhino

Die kalfie is Donderdag in Mpumalanga gevind ná ’n soektog van bykans sewe uur. Haar ma is deur stropers doodgemaak.

Saving Private Rhino se blitsreaksiespan het te voet, met vierwielvoertuie en in die lug na haar gesoek.

Die karkas van die kalf se ma is Donderdagoggend op ’n eiendom van 26 000 ha gevind. Die ligging en naam van die eiendom word weerhou. Daar word vermoed dat die koei vyf dae gelede vrekgemaak is.

Die span was emosioneel toe hulle Maandag moes opgee nadat hulle drie dae lank na ’n ander renosterkalfie van drie weke oud gesoek het. Die witrenosterkalf is deur wildbewaarders raakgesien en sy ma se karkas is deur die teenstropingseenheid gevind. Die soektog is gestaak nadat die kalf ’n week lank sonder voeding of ’n ma was.

“Ons moet die ergste verwag,” sê Saving Private Rhino.

Meer oor:  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.