Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Wegholtrok eis 6 lewens

Ses mense het Woensdagaand gesterf toe ’n swaarvoertuig in Mokopane se hoofstraat buite beheer geraak en met etlike motors gebots het voordat dit by ’n gebou ingeploeg het.

Dié grusame ongeluk op die hoek van Thabo Mbekistraat en Retiefstraat het ná 20:00 gebeur.

Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, sê die presiese oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Volgens hom het die vragmotorbestuurder vermoedelik nie betyds op die hoek van Ruiterweg en Thabo Mbekistraat, die hoofstraat, gerem om tot stilstand te kom nie.

Die vragmotor het minstens vyf motors en vier voetgangers getref, waarna dit in die gebou van Capitec Bank tot stilstand gekom het.

Die vragmotor het aan die brand geslaan en die gebou was binne sekondes in ligte laaie.

Maringa sê die bestuurder en sy passasier het in die vragmotor verkool. Die bestuurder van een van die vyf motors wat getref is, het ernstige brandwonde opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas.

Thabo Mbekistraat was Woensdagaand ure lank vir verkeer gesluit.

In video’s wat die aand op plaaslike buurtwagte se WhatsApp-groepe geplaas is, kan gesien word hoe geskokte omstanders na die uitgebrande motorwrakke staar.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR van vervoer in Limpopo, het in ’n verklaring haar kommer oor die toename in noodlottige ongelukke in die provinsie uitgespreek.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê klagte van strafbare manslag word ondersoek.

Die wrak van die vragmotor wat by die gebou ingeploeg het.
Die gebou in Thabo Mbekistraat in Mokopane is in ligte laaie nadat die vragmotor Woensdagaand daarin geploeg het.
Ses mense is in die ongeluk dood.
Die vragmotor het vyf motors getref.

Meer oor:  Mokopane  |  Ongeluk  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.