Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Wes-Kaap wil paaie veilig hou in feestyd

Verskerpte wetstoepassing, padblokkades, spoedmeting en mobiele dranktoetssentrums wat in ’n oogwink van een plek na ’n ander verskuif kan word, is motoriste se voorland dié feestyd in die Wes-Kaap.

Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir vervoer, het Donderdag die provinsie se verkeersplanne vir die Kerstyd by die Gene Louw-verkeerskollege in Kaapstad bekendgestel.

Hy sê die provinsie gaan vanjaar in ’n groot mate staatmaak op nuwe tegnologie, soos kameras in verkeersmotors wat video-opnames na ’n sentrale punt stuur, om die sterftesyfer op die provinsie se paaie so laag moontlik te hou. Verkeersbeamptes in die provinsie spog reeds met splinternuwe patrollievoertuie wat toegerus is daarmee.

Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir vervoer, oorhandig die sleutels van die nuwe verkeersvoertuie wat met kameras toegerus is aan verkeersbeamptes. Foto: Warda Meyer

“Verkeerslui gaan hulle toespits op dronkbestuurders, spoedvrate, moeë motoriste, die padwaardigheid van voertuie, openbare vervoer en voetgangers se veiligheid.

Grant sê 262 mense het van 1 Desember 2017 tot 31 Januarie vanjaar hul lewe in padongelukke in die Wes-Kaap verloor.

Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, sê verkeersowerhede verwag weer ’n groot toestroming van besoekers aan die Wes-Kaap en duisende voertuie wat volgende week uit die Wes-Kaap na ander provinsies sal reis.

Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, oorhandig die sleutels van ’n nuwe patrollievoertuig aan verkeerslui in die provinsie.Foto: Warda Meyer

“Ons paaie gaan weer druk besig wees, maar motoriste kan verseker wees dat ons verkeersbeamptes 24 uur per dag, sewe dae ’n week in volle mag op die hoofroetes in die provinsie sal wees om ’n veilige feestyd te verseker.

“Ons wil dit duidelik maak dat motoriste wat die langpad aandurf, gereeld moet stop en hul bene rek.

“Die goue reël is om elke twee uur te stop. As jy moeg is agter die stuurwiel is jy net soos iemand wat dronk bestuur, en wanneer ’n mens onder die invloed van drank bestuur, is jy ’n potensiële moordenaar.”

Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir vervoer, saam met Wes-Kaapse verkeersbeamptes wat die feestyd die provinsie se paaie veilig gaan hou.Foto: Warda Meyer

Hy sê 80% van sterftes op die paaie is as gevolg van mense wat nie hul veiligheidsgordels dra nie.

Grant sê inwoners en besoekers moet glad nie eers oorweeg om te drink en te bestuur nie.

“Dit geld ook vir voetgangers. Ons sal niemand duld wat dronk op ons paaie is nie, of jy nou loop of ry. Dit stel ander padgebruikers onnodig in gevaar.”

In 2016 is 372 voetgangers wat onder die invloed van drank was, doodgery. Die Wes-Kaap hoop sy veldtog #BoozeFreeRoads Alcohol and Roads Don’t Mix, sal help om voetgangers te laat besef hoe gevaarlik dit vir hulle is om te drink.

Leigh-Anne Jansen, ’n verslaggewer op die verkeershoofde se nuuskonferensie, se asem word getoets. Foto: Warda Meyer

Hy sê die probleem van alkohol- en padgebruik vereis dringend aandag.

Motoriste moet ook kennis neem dat die departement bestuurders lukraak sal toets en dat hulle opgesluit kan word indien hulle onder die invloed bestuur.

Voordat motoriste ander mense kan inlig oor waar padblokkades of mobiele dranktoetssentrums is, kan verkeersbeamptes dit enige tyd skuif.

“Dit laat ons toe om op enige plek toe te slaan,” sê Grant.

Sy boodskap is dat padsterftes drasties sal verminder as elke motoris net die basiese wette van die pad gehoorsaam en ander padgebruikers in ag neem.

Besoek https://safelyhome.westerncape.gov.za of twitter: @WCGovSafelyHome hashtag #BoozeFreeRoads vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.