Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Zuma 'soek sy masjien-geweer' by 'n graadvang

Oudpres. Jacob Zuma het Donderdag 'n mikrofoon gegryp en "Awuleth' Umshini Wami" (bring my masjiengeweer) by die Universiteit van Zoeloeland gesing.

Hy het dié universiteit se gradeplegtigheid bygewoon omdat sy dogter Brumelda gegradueer het.

"Vandag was 'n spesiale dag. My dogter Brumelda het gegradueer aan die Universiteit van Zoeloeland. Ek kon nie help om saam met die koor te jubel nie," was sy kommentaar nadat hy die mikrofoon gevat, gedans en saam met die koor gesing het.

'n Video van sy singery wat op Facebook gedeel is, is al meer as 30 000 keer gekyk.

“Awuleth’ umshini wami” het veral onder Zuma se ondersteuners gewild geraak toe hy dit in 2005 buite die hof tydens sy verkragtingsaak begin sing het.

By feitlik elke openbare vergadering wat Zuma bygewoon het of toegespreek het, is dié lied vir jare lank vir hom gesing. 

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Kwazulu- Natal  |  Geweer  |  Sing  |  Dans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.