Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kwarantyn: kykNET reageer op rasseherrie

Die televisiekanaal kykNET het Vrydag om verskoning gevra vir ’n uitlating deur een van die deelnemers aan die werklikheidsreeks, Kwarantyn.

Die program word 24 uur per dag regstreeks op DStv-kanaal 149 uitgesaai en wys hoe die Le Roux- en Scheepers-gesin teen mekaar meeding terwyl hulle in kwarantyn is.

Jana le Roux het Donderdagaand die k-woord gesê.

Jana le Roux het die k-woord gebruik. Foto: kykNET

Die 49-jarige ma van die Le Roux-gesin het tydens ’n kompetisie tussen die twee gesinne van ’n k*****pak gepraat.

’n Herrie het intussen op sosiale media losgebars.

“Die kanaal vra om verskoning aan almal wat hierdeur beledig is. kykNET bly verbind tot ’n nierassige samelewing sonder diskriminasie,” sê Karen Meiring, direkteur van M-Net se kykNET-kanale, in die verklaring.

Meiring skryf die situasie word met “dringendheid bestuur” en vra vir “beslissende optrede”.

“kykNET skram nie weg van die verantwoordelikheid om geskiedkundige en aktuele, komplekse onderwerpe te takel en te belig nie,” skryf Meiring.

Meer oor:  Kyknet  |  Realiteitsreeks  |  K-Woord  |  Rasseherrie  |  Kwarantyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.