Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Woede in Greenlands oor kospakkies

Inwoners van Greenlands in Bellville-Suid is op die oorlogspad en blameer die DA-beheerde regering dat hulle nog geen kospakkies ontvang het tydens die inperking nie.

Mense het Maandag die strate ingevaar om hulle misnoeë uit te spreek omdat hulle nie toegang tot kos of werk het nie.

Ontstoke inwoners het DA-T-hemde aan die brand steek en die party uitgekryt.

Die polisie, wat ingegryp en die skare met traangas en rubberkoeëls uiteen gejaag het, is met klippe bestook.

Volgens inwoners is hulle moeg vir hul plaaslike raadslede wat nie help om na inwoners om te sien nie.

Inwoners betoog oor kospakkies.Foto: Jaco Marais

Hulle sê die kospakkies gaan net na sekere gemeenskappe, terwyl die armes van Greenlands moet sien en kom klaar.

Hulle sê ook hulle is keelvol van politici wat hulle net ken as hulle stemme nodig het.

“Daar word gesê ons mense is gewoond aan swaarkry, maar dié is mos ander tye. Voorheen kon mense uitgaan vir iets op die tafel en nou kan hulle nie eens dit doen nie.”

Sy sê dis die bejaardes en kinders wat die swaarste kry.

Inwoners van Greenlands probeer DA-T-hemde aan die brand steek.Foto: Jaco Marais

Jenny Gouws sê hul kinders ly honger omdat niemand kan gaan werk nie.

“Dis nie maklik om te sien hoe mense honger ly nie. As ons gaan steel, gaan ons toegesluit word en ons is moeg daarvoor om aan die kortste end trek,” sê sy.

Owen Lodewyk sê almal in hul woonbuurt kry swaar.

“Mense rondom ons kry kospakkies en ons kry niks. Dis asof almal net eenvoudig van ons vergeet. Ons is moeg vir dit wat hier aangaan.”

Inwoners van Greenlands betoog oor kospakkies.Foto: Jaco Marais

Lodewyk sê almal is geregtig op die kospakkies en dat dit nie net vir sekere mense uitgedeel moet word nie.

“Dit is waarom die misdaadsyfer so hoog is, want mense het nie kos nie. Dis nie reg teenoor die mense nie. Almal weet van lockdown, maar mense het nie kos nie.”

Meer oor:  Inperking  |  Kospakkies  |  Honger  |  Woede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.