SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
KZN: 11 beseer in taxi-ongeluk

Altesaam 11 mense is Maandagoggend op die R102-pad tussen Verulam en Ottawa in KwaZulu-Natal in ’n taxi-ongeluk beseer.

Nooddienste op die toneel van die ongeluk op die R102-pad in KwaZulu-Natal. Foto: Prem Balram

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy wat ook ’n ambulanseenheid bedryf, het verskeie motoriste binne minute hul inbelsentrum om mediese bystand gekontak.

“Paramedici het omstreeks 08:33 op die toneel aangekom en 11 mense, onder wie die bestuurder van die minibus-taxi, gestabiliseer voordat hulle na die hospitaal vervoer is,” sê Balram.

’n Beseerde vrou is in ’n kritieke toestand met ’n lugambulans na die hospitaal gebring.

“Ooggetuies wat die ongeluk gesien gebeur het, sê dit het gelyk of die bestuurder skielik beheer oor die taxi verloor het. Hy het toe in die middelste padversperring vasgery. Daar was nie ander voertuie betrokke nie.

“Die R102-pad is geruime tyd in albei rigtings gesluit,” sê Balram.

Die oorsaak van die ongeluk sal deur die owerhede ondersoek word.

’n Vrou, een van die beseerdes, is in ’n kritieke toestand met ’n lugambulans na die hospitaal vervoer. Altesaam 11 mense is Maandagoggend in die ongeluk beseer. Foto: Prem Balram

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.