Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KZN-betoging ‘is Eskom se skuld’ – burgemeester
Betogers het klippe en ’n pik ingespan om die pad tussen Dundee en Pomeroy in KwaZulu-Natal onbegaanbaar te maak. Foto: Verskaf

Die burgemeester van Umzinyathi, Petros Mthandeni Ngubane, het die beskadiging van paaie veroordeel tydens ’n betoging oor dienslewering vroeër die week in eBhovini, tussen Pomeroy en Dundee in KwaZulu-Natal.

Inwoners wat gekla het oor die gebrek aan water en elektrisiteit, het die N33-pad met klippe versper en die padoppervlakte beskadig. “Dit is nie die burgemeester se skuld dat daar geen elektrisiteit in die gebied is nie,” het Ngubane in reaksie op die betoging gesê. Die betogers het Ngubane versoek om hul griewe aan te hoor. Hy en ander plaaslike leiers, onder wie Busiswa Ngqobo, burgemeester van Msinga, het gaan ondersoek instel.

Ngubane het verduidelik dat die meeste mense in die Umzinyathi-omgewing in diep landelike dele woon en dit gevolglik moeilik vir die munisipaliteit is om dienste so vinnig soos wat inwoners dit verwag, te lewer. Volgens Ngubane gaan dit nou selfs moeiliker wees omdat die paaie beskadig is.

“Ek is bly Eskom het die kragstasie opgegradeer. Ons verwag dat meer gebiede teen volgende week of die week daarna toegang tot elektrisiteit sal hê,” het hy gesê.

Ngubane het ook die hoop uitgespreek om die gebrek aan water voor die einde van die boekjaar op te los.

Luidens ’n verklaring deur Bheki Ntuli, die provinsiale LUR vir vervoer, het die polisie drie mense in verband met openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle sal Vrydag in die landdroshof in Dundee verskyn.

Drie van die betogers is in hegtenis geneem en sal Vrydag in die landdroshof in Dundee verskyn.Foto: Verskaf


Meer oor:  Betogers  |  Dundee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.