Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man net uit bakkie voordat vloed tref

’n KwaZulu-Natalse man het Dinsdag net betyds uit sy GWM-dubbelkajuitbakkie gespring voordat dit deur vloedwater meegesleur is.

Christo Bredell (49), eienaar van South Coast Mini Maxi Removals in Ramsgate, sê hy was omstreeks 18:30 op pad huis toe toe hy by die brug naby sy huis stilgehou het.

Christo Bredell

Hy sê daar was reeds ’n bietjie water wat oor die brug geloop het en hy het besluit om eerder om te draai en ’n ander roete te neem.

“Maar toe is my bakkie se battery pap en kon ek nie my bakkie weer aangeskakel kry nie. Ek weet nie of dit miskien nat geword het nie.”

Hy het besef die water raak gevaarlik toe dit skielik in sy rigting begin stroom het.

“Ewe skielik het die water soos ’n golf aangekom. Ek moes vinnig besluit en het uit die bakkie gespring. Ek is gelukkig om te leef,” sê Bredell.

Hy kon net sy selfoon en herlaaier gryp, voordat sy bakkie voor sy oë deur die massa water meegesleur is.

“As ek in die bakkie gebly het, was ek vandag dalk dood.”

Volgens Bredell het sy vrou, Petra (45), ’n alternatiewe roete gebruik en hom kom oplaai.

Bredell sê hy besit sy bakkie al sowat vyf jaar.

Die GWM-bakkie waaruit Christo Bredell Dinsdag gespring het voordat die voertuig deur vloedwater meegesleur is.
Net die boonste deel van die GWM-bakkie is bo die water sigbaar.

“Nou het ek nie meer ’n voertuig nie en vanoggend (Woensdag) moes ek my vrou se motor gebruik,” sê hy.

Die bakkie staan nog in die water en kan volgens Bredell nog nie met ’n voertuig bereik word nie.

Hy sê hy het ook nog nie sy versekeringsmaatskappy gekontak nie omdat die selfoonseine vroeër die dag vier uur lank onderbreek was.

Volgens hom het sy twee seuns, Christopher (23) en Michael (21), Woensdagoggend gaan kyk of hulle die bakkie gewaar. Hulle kon net die boonste deel van die bakkie uitmaak.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Vloedwater  |  Vloedskade  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.