Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KZN se 1ste premier sterf

Dr. Frank Mdlalose, die heel eerste premier van KwaZulu-Natal, is Saterdag aan Covid-19 dood. Hy was 89 jaar oud.

Die IVP het Saterdag sy dood bevestig en sê sy vrou, Eunice, word steeds in die hospitaal vir die koronavirus behandel.

Mdlalose was tussen 1994 en 1997 die premier van KwaZulu-Natal.

Hy was later ook Suid-Afrika se ambassadeur in Egipte en het in 2005 as aktiewe politieke leier uitgetree.

Dr. Frank Mdlalose (89) is Saterdag aan Covid-19 dood. Foto: Facebook

Die provinsiale regering het op hul Facebook-blad hulde aan Mdlalose gebring.

“Dr. Mdlalose was ’n leier wat sy oë altyd op die belange van die groter groep mense gerig het.

“Hy het vas daarin geglo dat vrede broodnodig was, nie net vir die sukses van ’n nasionale en provinsiale verkiesing nie, maar nog meer vir die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die mense in ’n provinsie.”

Hulle beskryf hom as ’n ware ambassadeur vir groei en verandering.

“Ons sal hom ewig dankbaar wees vir die onvervangbare rol wat hy in ons provinsie gespeel het.”

Mdlalose word deur sy vrou, Eunice, en hul kinders, Makhosazana, Themba en Lindiwe, oorleef.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.