Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KZN tot rampgebied verklaar

KwaZulu-Natal is tot rampgebied verklaar ná die verwoestende storm wat die provinsie Dinsdag getref het.

Die provinsiale kabinet het Donderdag die provinsie tot ’n rampgebied verklaar.

“Ons het vanoggend vergader en sal die nasionale regering nader om te hoor of ons hulp by hulle kan kry,” sê Willies Mchunu, premier.

Mchunu sê die amptelike dodetal volgens die polisie is agt, met vyf mense wat nog vermis word.

Om die geld te kry, sal die uitvoerende komitee 'n aansoek by die nasionale regering indien vir klassifikasie en dat die ramp as 'n provinsiale ramp verklaar word omdat dit meer as een distrik raak.

Volgens Mchunu is meer as 133 skole geraak en dit sal sowat R136 miljoen kos om die skade by dié skole te herstel.

Meer oor:  Willies Mchunu  |  Kzn  |  Storm  |  Rampgebied  |  Vloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.