Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Laerskool geskok na leerling se skietdood

Personeel, leerlinge en ouers by die Laerskool Panorama was Maandag in rou gedompel nadat dit bekend geword het dat ’n gr. 1-leerling van die skool die naweek tydens ’n skietvoorval in Panorama, Kaapstad, gesterf het.

Dylan Neethling (7) is Sondag douvoordag dood toe sy pa hom geskiet en kort daarna die vuurwapen op homself gerig het.

Die Laerskool Panorama se boodskap vir Dylan.Foto: Facebook

Volgens die polisie in die Wes-Kaap het die voorval Sondag omstreeks 03:00 by die gesin se huis in Panorama gebeur.

“ ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en ’n moorddossier is na afloop van die voorval aangelê,” sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder.

Volgens ’n polisiebron het een van die bure die polisie gebel nadat hulle skote gehoor het.

Die 69-jarige pa en sy seuntjie se lyk is toe in die huis gekry, sê Van Wyk.

Die skool het in ’n Facebook-inskrywing sy hartseer uitgespreek.

“Vandag is ons baie hartseer om ’n pragseun van die Laerskool Panorama te groet. Jou onverwagse heengaan is vir ons ’n groot verlies. Ons dank onse Hemelse Vader vir die wonderlike voorreg om Dylan as deel van die Laerskool Panorama-familie te kon hê.

Dylan: “Rus sag in ons Hemelse Vader se arms. Totdat ons mekaar weer ontmoet.”

Die skoolhoof, personeel, leerlinge en ouers het Dylan se ma, Nandia, en sy naasbestaandes sterkte en liefde toegewens.

Geskokte ouers het ook op Facebook hul medelye met die familie uitgespreek.

“Rus in vrede pragtige seun!; Jy was Ruan se beste maatjie. Ons gaan jou vreeslik baie mis!”; “Liefste Nandia, ek kan my nie jou pyn indink nie! Jou liefde vir jou kind is uit hierdie wêreld! Mag God jou dra en vertroos! Mag Sy genade jou omvou!”; “Rus in vrede liewe Dylan. Jou maatjies gaan jou baie mis.”

Ander het geskryf hul harte is stukkend.

“Daar is nie genoeg woorde om te beskryf hoe ongelooflik jammer ek is vir dit wat gebeur het nie. Mag ons liewe Here jou styf teen sy bors vasdruk en jou trane kom afdroog. Jy is vir altyd deel van hierdie Panorama-familie. Ons is hier vir jou,” het van die boodskappe gelees.

Meer oor:  Dylan Neethling  |  Selfdood  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.