Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lafarge móét dekking subsidieer

Die afgetrede werknemers van die sementreus Lafarge kan vir eers asem skep.

Hul mediese dekking deur Discovery gaan nie verval nie, want die hooggeregshof in Pretoria het Lafarge Woensdag beveel om die afgetredenes se mediesefonds­betalings te bly subsidieer.

Lafarge sou einde April nie meer sy 50%-subsidie daarvoor betaal nie.

Beverley Jansen, die eerste van die 78 afgetrede werknemers van Lafarge wat die maatskappy hof toe gevat het. Beverley kry volgens hofstukke behandeling vir kanker. By haar is haar man, Terrance, wat ’n afhanklike van haar mediese fonds is en ’n pasaan­geër het. Foto: Facebook

Regter Jody Kollapen het in 78 pensioentrekkers se dringende hofaansoek bevind Lafarge Suid-Afrika (LSA) en sy filiaalmaatskappye het hul eie beleid met die kansellasie verontagsaam.

Die 78 applikante is voortsettingslede onder Lafarge se mediese skema. Almal het voor 2 Februarie 1996 by Lafarge se maatskappye begin werk. Hulle betaal self die ander 50% vir hul mediese planne by Discovery.

Die primêre redes waarom Lafarge besluit het om die subsidie te staak, is sy geldverknorsing, die impak van Covid-19 op die boubedryf en ’n afname in die verkoop van sy produkte.

Die pensioentrekkers ontken dat die Lafarge-maatskappye geldnood ondervind en voer aan groot somme geld word as bonusse aan werknemers betaal.

Kollapen het gesê die skema­beleid van 2009 het bepaal LSA mag die beleid van tyd tot tyd “ná ’n proses van onderhandeling met werknemers en konsultasie met voortsettingslede” hersien of ’n ander mediese skema kies. Maar daar was nie sulke samesprekings met die afgetredenes toe die beleid in November 2019 verander is nie.

Die 2019-beleid bevat ’n klousule wat voorsiening maak vir die opskorting en kansellasie van voordele. Lafarge het dié klousule gebruik om die voordele te staak.

Die pensioentrekkers moet hul volgende hofaansoek, waarin hulle vra dat Lafarge spesifieke pligte onder die 2019-beleid teenoor hulle moet nakom, binne 30 dae indien. Lafarge moet hul voordele betaal tot dit afgehandel is, het Kollapen beveel.

Meer oor:  Discovery  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.