Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Land praat steeds ná Zuma voor Zondo ‘met nommers sukkel’

’n Videogreep van oudpres. Jacob Zuma wat skynbaar sukkel om bladsynommers voor die Zondo-kommissie te lees, het steeds die land aan die praat.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Foto24

Zuma het onlangs voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn. In die videogreep lyk dit asof Zuma nie die spesifieke bladsynommer kan lees (of dit kry) nie en ná ’n paar oomblikke waar Zuma die bladsye rondskuif vra adjunkhoofregter Raymond Zondo of iemand hom (Zuma) moet kom help om die regte bladsy te kry.

Die videogreep is op WhatsApp versprei en het ook op Twitter opslae gemaak.

Op Twitter het mense onder meer gevra of Zuma enigsins dokumente gelees het terwyl hy die president was. Ander sê dit lyk asof hy glad nie vir sy verskyning voor die kommissie voorberei het nie. Nog iemand twiet Zuma is oud en ’n mens weet nie hoe gesond hy is nie, terwyl ander dink dit is ’n slim truuk om sy ondervraers van die spoor te lei.

Talle video’s waar Zuma skynbaar sukkel om getalle te lees het al in die verlede opgeduik. Van die bekendstes is toe hy in 2015 oor getalle gestruikel het toe hy oor die ANC se kwynende ledetal gepraat het. Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah het ook in ’n episode van The Daily Show in Amerika daarna verwys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.