Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Land steier steeds, sê Cyril op gedenkdiens vir koning

Hospitale en klinieke is in baie dele van die land oorweldig weens die tweede vlaag van Covid-19 en gesondheidsorgwerkers verkeer onder erge druk.

So het pres. Cyril Ramaphosa Sondag gesê op die troosdiens in Limpopo van koning Kgosikgolo Thulare Victor Thulare III van die Bapedi-koninkryk.

Die 40-jarige koning is aan Covid-19 dood.

In sy huldeblyk het Ramaphosa gesê die land steier onder die tweede vlaag van infeksies.

Pres. Cyril Ramaphosa praat Sondag op die gedenkdiens van koning Victor Thulare III. Foto: Skermgreep

“Die tweede vlaag is baie groter, baie meer gewelddadig en meer verwoestend as wat ons voorheen ervaar het. In baie meer dele van die land is baie meer mense geïnfekteer.”

Luidens die jongste data van die gesondheidsdepartement is sowat 36 851 Suid-Afrikaners al aan Covid-19 dood. Die land het sowat 204 830 aktiewe gevalle van die virus.

Prof. Salim Abdool Karim, voorsitter van die interministeriële advieskomitee oor Covid-19, het verlede week aan Netwerk24 gesê die tweede vlaag van infeksies het die wetenskaplikes wat die regering oor die pandemie raad gee, onkant betrap.

Volgens Karim is dit omdat hulle nie die ontstaan van die variant 501.V2, wat tans die tweede vlaag aandryf en wat vinniger versprei, kon voorsien nie.

Ramaphosa het benadruk dat Suid-Afrikaners nou meer as ooit waaksaam moet wees en aan die gesondheidsmaatreëls moet gehoor gee.

Hy het herhaal dat die regering in die komende maande en weke sy entstofprogram van stapel sal stuur “wat na verwagting infeksies beduidend sal verminder namate meer mense ingeënt word”. Die regering sal ook sy pogings verskerp om die ekonomie te herbou en om werk te herskep.

Weens die regering se regulasies kon slegs 50 mense die gedenkdiens vir Thulare III bywoon, hoewel talle die verrigtinge aanlyn kon volg.

Volgens Ramaphosa sal daar weer ’n tyd kom wanneer Suid-Afrikaners weer behoorlik van hul geliefdes sal kan afskeid neem.

Hy sê dit is met groot hartseer dat almal hul laaste huldeblyke aan Thulare III lewer.

“Ná baie jare van twis, op die oomblik toe harmonie teruggekeer, is die koninkryk weer eens in ’n baie swart wolk omhul,” sê Ramaphosa.

“Die afsterwe van Kgosikgolo Thulare III, wat jonk, ’n visioenêr, so belowend, so versiende en so vol lewe was, het dus ons bestaan geruk. Ons treur saam met die koninklike familie en hul hele koninkryk oor hul verlies.”

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Gedenkdiens  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.