Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Landingstelsels gou weer gekalibreer, sê BLO

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ontken bewerings dat Suid-Afrikaanse lughawens tot stilstand gaan kom weens verouderde landingstelsels.

Dit kom nadat lughawepersoneel kennisgewings ontvang het dat die instrumentelandingstelsels van twee aanloopbane by die O.R. Tambo-lughawe aan die Oos-Rand afgeskakel moet word sodat dit herkalibreer kan word.

Die instrumentelandingstelsels word gebruik om vlieëniers veilig in te lei om in lae sigbaarheid en ongunstige weersomstandighede te kan land.

Volgens Kabelo Ledwaba, BLO-woordvoerder, het O.R. Tambo-lughawe vier sulke stelsels, waarvan twee op 10 Augustus afgeskakel is omdat hul kalibrasiestatus verstryk het.

“Die lughawe sal nie afgegradeer of gesluit word nie. Die King Shaka-lughawe is afgegradeer na ’n laer instrumentele meteorologiese gebruiksvlak as gevolg van die afskakeling van twee instrumentelandingstelsels. Ander lughawens wat geraak word, is die Kruger Mpumalanga-lughawe en die George-lughawe waarvan die kalibrasiestatus ook verval het. Dit is die enigste stelsels wat afgeskakel is. Die res is steeds in werking,” het Ledwaba Woensdag in ’n verklaring gesê.

“Na die noodlottige ongeluk van ’n BLO-vliegtuig in Januarie is ’n diensverskaffer aangestel om die landings- en navigasietoerusting in die land te kalibreer deur ’n tenderproses soos voorgeskryf deur die nasionale tesourieregulasies. Die diensverskaffer, ’n plaaslike maatskappy, is aangestel en ’n ooreenkoms is op 17 April met die betrokke maatskappy gesluit,” lui die verklaring.

News24 berig drie BLO-personeellede is op 23 Januarie dood toe hul vliegtuig in die omgewing van die Robinsonpas tussen Mosselbaai en Oudtshoorn neergestort het. Dié vliegtuig is glo gebruik vir die kalibrasie van instrumentelandingstelsels by lughawens.

Die diensverskaffer gaan volgens Ledwaba ’n vliegtuig in Europa gebruik en het groot vertragings ondervind met die uitreiking van ’n permit vir buitelandse operateurs van die internasionale lisensieraad vir lugdienste. Die permit is uiteindelik op 19 Junie toegestaan.

“Werkpermitte en visums is weens verdere vertragings as gevolg van die koronavirusinperkings uiteindelik aan die bemanning toegestaan en die BLO is op 31 Julie hiervan in kennis gestel. Die maatskappy het aan die BLO die versekering gegee dat die vliegtuig aan die einde van die week in die land sal aankom,” het Ledwaba gesê.

“Daar was tot dusver nie ’n onderbreking in enige lugvaartbedrywighede nie ondanks die afskakeling van die betrokke instrumentelandingstelsels op lughawens in ooreenstemming met die regulasies,” het hy gesê. - News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.