Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Langnaweek eis reeds 4 in taxi in Mpumalanga

Minstens vier mense is Vrydagoggend dood en vier beseer toe ’n minibustaxi op die N11 naby Doornkop in Mpumalanga omgeslaan het.

Moeti Mmusi van die departement van veiligheid sê die ongeluk het omstreeks 04:00 op die pad tussen Middelburg en Groblersdal naby Doornkop gebeur. Die taxi was vanaf die Oos-Kaap na Limpopo onderweg.

’n Vragmotor het die minibustaxi op die kant getref en dit het omgeslaan,” het Mmusi gesê.

“Drie mans en ’n vrou is dood en vier ander het ernstige beserings opgedoen. Nog agt is lig beseer.”

Mmusi sê saam met die bestuurder was daar 16 mense in die minibustaxi.

Gabisile Shabalala, die LUR van gemeenskapsveiligheid en skakeldienste, sê die ongeluk word ondersoek.

Shabalala het ’n beroep op motoriste gedoen om versigtig te bestuur.

“Baie mense het al hul lewe op die N11-pad by Middelburg verloor,” sê sy.

Shabalala sê mense moet veral die naweek wakker wees wanneer hulle reis omdat dit ’n langnaweek is.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Verkeer  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.