Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lappies Labuschagné se pienkvoet gou huis toe
Lappies en Lené Labuschagné se babadogter, Nina. Foto: Verskaf

Die rugbyspeler Lappies Labuschagné se babadogter wat ’n week gelede te vroeg gebore is, kan dalk binne die volgende dag of twee uit die hospitaal ontslaan word, sê sy vrou, Lené.

Nina is tans in die waakeenheid.

Dié Suid-Afrikaans gebore Japanse flank het ’n vroeë verjaardaggeskenk by die ooievaar gekry met Nina se geboorte in dieselfde week as sy 31ste verjaardag.

Dié kleinding, wat op 5 Januarie in Japan gebore is, is die egpaar se tweede kind. Hulle het ook ’n peuter, Ruagh.

Die egpaar Lappies en Lené Labuschagné met hul seuntjie, Ruagh. Foto: Facebook/ Lené Labuschagné

Labuschagné was verlede jaar met die Wêreldbekertoernooi in die nuus, veral ná Japan se sege van 19-12 oor Ierland onder sy kapteinskap.

Labuschagné, wat voorheen vir die Vrystaat-Cheetahs en die Bulle gespeel het, het Saterdag verjaar.

Lené het Saterdag vir die eerste keer op die sosiale mediaplatform Instagram ’n foto van Nina gedeel.

“Pure perfeksie, elke minuut van die wag werd. Liefste Nina, ons kan nie wag om jou huis toe te bring nie!” het sy by die plasing geskryf.

Lappies Labuschagné (middel) word in die kwarteindstryd van die Wêreldbekertoernooi deur Damian de Allende van die Springbokke geduik. Foto: Getty Images

Die oud-Bloemfonteiner en voormalige Statebondspele-swemmer Jean-Marié (Neethling) Stander het aangedui sy hou van die plasing. Stander en haar rugbyspelerman, CJ, wat vir Ierland uitdraf, het ook sowat vyf maande gelede ouers van ’n babadogter, Everli, geword.

Petro Benadé, Lené se ma, het Sondag na Japan vertrek om die kleinding te gaan ontmoet. Sy gaan vir vyf weke by hulle kuier.

Volgens haar is Nina op ongeveer 36 weke gebore.

Benadé is verlig dat die geboorte goed afgeloop het.

“Sy het ’n bietjie geelsug gehad, maar sy is heeltemaal gesond,” sê sy van Nina.

Lappies Labuschagné se skoonouers, Petro and Johan Benadé van Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Benadé sê sy sien uit om die baba te sien, maar ook om tyd saam met Ruagh deur te bring.

“Ek en hy gaan baie doen, rondloop en kuier, terwyl Mamma en Sussa bietjie bond.”

Ruagh het nog nie sy kleinsus ontmoet nie en sy ouma is baie nuuskierig om te sien hoe hy gaan reageer.

Labuschagné se pa, Peet, sê dit is ’n vreugde in hul familie om ’n kleindogter ryker te wees.

“Sy is perfek geskape.”

“Al het ons Nina nog nie ontmoet nie, het sy al reeds diep in ons harte ingekruip. Ons kan nie wag om haar te ontmoet nie.”


Meer oor:  Lappies Labuschagné  |  Geboorte  |  Hospitaal  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.