Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leer Afrikaans in 2 maande
Maya von Delft, gebore en getoë Duitser van München, het binne net twee maande as uitruilstudent aan die Hoër Meisieskool Oranje Afrikaans leer praat. Die Afrikaanse woordeboek moet nog net soms nadergetrek word wanneer sy met ’n woord sukkel. Foto: Mlungisi Louw

Wanneer Maya von Delft, ’n gebore en getoë Duitser, met jou in Afrikaans kommunikeer, kan jy beswaarlik glo dat sy dié taal in nét twee maande so deeglik leer praat het.

Dié 15-jarige gr. 11-leerling kon voordat sy middel Januarie as ’n uitruilstudent die skoolkwartaal aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein begin het, net enkele Afrikaanse woorde soos dankie en totsiens sê.

Maya se pa, prof. Jan von Delft, wat in die Rosestad grootgeword en aan Grey-kollege gematrikuleer het, het soos sy sibbe van jongs af Duits leer praat. Hy het sy vrou in Duitsland ontmoet en die gesin woon al etlike jare daar.

“Ons en die res van die familie kom elke tweede Kersfees hier na my oupa-hulle (prof. Klaus von Delft en sy vrou, Elna) toe.

“Ons sal dan almal Duits praat om mekaar te kan verstaan.

“Ek het net gevoel dis deel van my wortels om Afrikaans te leer praat. Ek hou baie van tale. In Duitsland neem ek Latyn en Frans op skool.

“Dit is nogal lekker om nou met my pa Afrikaans oor die foon te kan praat,” sê Maya.

As voorbereiding voordat sy na Oranje gekom het, het sy die voorgeskrewe boek Kringe in ’n Bos saam met die Engelse vertaling gelees.

Volgens haar het die feit dat haar niggie, Gabriela von Eschwege, ook in Oranje is (gr. 9), die skoolgaan beslis makliker gemaak.

Volgens haar is daar ’n sterk verwantskap tussen Afrikaans en Duits.

“Mense is dikwels verbaas indien hulle hoor ek het Afrikaans so vinnig baasgeraak. Maar dis regtig nie so moeilik nie.

“As mense eers met my Engels begin praat, stop ek hulle vinnig en sê ‘Afrikaans asseblief!’ ”

Maya sê sy het die tydjie by Oranje baie geniet.

“Die spansport, dinees en die eenheid wat daar in die skool is, tref jy nie by ons skole in Duitsland aan nie.

“As jy daar aan sport op skoolvlak deelneem, doen jy dit op klubvlak.

“My jonger broer het my blog gelees wat ek van my ervaring in Suid-Afrika geskryf het en nou wil hy ook hierheen as ’n uitruilstudent kom.”

Maya is nog net tot die laaste dag van die eerste kwartaal (Vrydag) hier.

Meer oor:  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.